Bossie in die bosse – uiteindelik hoor ons van hom!

Na ‘n lang gewag op sy multi-toegang visa na Sudan, het Bossie Bosman uitendelik die lang pad vanaf Polokwane na Kaïro op 29 November om 05:00 aangedurf.

POLOKWANE – Almal op die WhatsApp-ondersteuningsgroep het in spanning gewag, en gewag… en gewag op Bossie om van hom te laat hoor. Daar was ‘n hele spottery oor Bossie se onhandigheid met selfoontegnologie, maar uiteindelik, op 12 Desember, laat weet Bossie darem hy is nog veilig en aan die gang en kon dit regkry om vir die eerste keer op die lug te kom.

Die Switsers is oppad na Ethiopië, waar onluste woed. Dit is ook Bossie se volgende mikpunt.

“My liefste mensies! Dit gaan baie goed met my, ek is tans in Malindie, so 100 km bokant Mombasa. Party dae reën ek watersopnat, ander dae smelt ek, so warm is dit. Op die Revoema rivier het die ferry gebreek en ek moes die nag op die boot slaap. Vanaf Palma is daar ‘n 60 km grondpad na die Revoema rivier wat sleg verspoel het. Het drie keer daar neergeslaat, dit was baie, baie ‘bad’. My rug moet net hou! Die temperatuur was 37ºC daar, het een keer flou geword! Moes my bagasie berg af dra en toe die bike afry. Dit het my my selfvertroue so bietjie geskaad, maar ek ry en dit gaan baie goed. Môre ry ek die Tsavo, vra vir Quintin: Dis so goed soos Kruger Nasionale Park se Satara-omgewing om my.

35 000 km op die rug van sy ysterperd

“Ek mis julle baie! Party dae raak ‘n mens maar baie eensaam maar ek is dankbaar vir die baie ondersteuning. Ek gaan nou van die lug af, ek ry more die Tsavo Nasionale Park. Tot by die dorpie Tsavo is dit so 200 km rowwe grond pad. Ek het baie gesukkel om op die lug te kom maar dit lyk ek kom ‘n bietjie reg, sal kyk of ek die foto-kant kan baas raak.”

Kamele naby Tsavo-hek, waar Bossie toegang geweier is.

Op 15 Desember het hy weer van hom op die groep laat hoor en laat weet dat die owerhede hom by die Tsavo-hek toegang geweier het. Hy moes toe óf 450 km terug óf 80 km langs die lyndraad af ry waarna hy besluit het om die lyndraad opsie te neem.

“Maar my maat, kry ek die pakslae van my lewe – die eerste 25 km deur die veld, geen pad! Niks nie, net bos! Dit het liggies gereën. Later kry ek bietjie van ‘n tweespoorpad langs die lyndraad, maar dik sand. So 60 km gevorder in ses ure en van die moegheid het ek ‘n fout gemaak en geval, alleen in die bos! Soos ek die fiets probeer optel maak ek my rug seer, dit was ‘bad’ mense!”

Na so drie ure se gesukkel kon hy darm weer verder ry en het na so 2 km by ‘n beesboer se huis om hulp gevra. Dié het toegelaat dat Bossie in sy beeskraal kon slaap.Hy het die volgende dag na Nairobi gery maar het laat weet sy rug was baie seer na die val. Sy GPS se kamp-funksie was ook op die koffie en nie een van sy ‘points of interest’ wou werk nie. Hy het ‘n wyle by Jungle Junction sy rug gerus.

Bossie se bagasie. Helfte moet maar in Jungle Junction agterbly, het hy besluit.

Hier het hy besluit om min of meer die helfte van sy bagasie agter te laat omdat hy ‘homself dood dra’. “Geen wonder ek koop plasies en plotjies nie,” het hy op die groep gesê.

Met sy reis het hy ‘n man van Switserland ontmoet wat sy Land Rover in Kenya gerol het en besluit het om dit man-alleen oor te bou. Hy hoor ook van probleme in Ethiopië, sy volgende mikpunt, dié probleme direk waar hy wil heengaam die hiënas wat in ‘n stad, Haraar, bly en aas, te gaan sien.

Die man het sy Land rover in Kenya gerol en nou bou hy dit man-alleen weer op.

Op 17 Desember het hy welsynwerk by ‘n klein dorpie gedoen sou tot Maandag, 18 Desember in Kenya bly om sy motorfiets in Narobi te laat diens.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version