Sit jou motorlisensie nagaan op jou vakansielys

"Baie motoriste besef nie dat hul lisensies verval het nie, of sal verval terwyl hulle van die huis af weg is nie, en kan dan 'n boete op die lyf loop."

POLOKWANE – Johan Kruger, Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Poskantoor, maan motoriste in Limpopo om seker te maak dat hul motorlisensies nog geldig is voor hulle met vakansie gaan.

“Daar is 75 poskantore in Limpopo waar motoreienaars hul motors se lisensies kan hernu. Die wet bepaal dat ‘n voertuig se lisensie hernu moet word in die provinsie waar dit geregistreer is, en dus kan motoriste dit nie doen as hulle in ‘n ander provinsie met vakansie is nie,” verduidelik Kruger.

Geert Bataille, Hoof van die poskantoor se kleinhandelafdeling, sê motoriste moet onthou om ‘n identiteitsdokument saam te neem as hulle ‘n voertuiglisensie gaan hernu, dit word deur die wet vereis.

Motoriste kan ‘n hernuwingsvorm aanlyn aflaai en invul voor hulle poskantoor toe gaan deur www.postoffice.co.za te besoek. Hier klik hulle op ‘Business’ en dan ‘Motor Vehicle Licences’.

“In die afgelope jaar is meer as drie miljoen motorlisensies by poskantore hernu – ‘n duidelike bewys dat dié diens werk,” sê Kruger. Hy herinner motoriste wat ‘n AARTO-verkeersboete kry, dat hulle dit ook by enige poskantoor landswyd kan betaal.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version