Kersgetyvuurwerke nie goed vir jou diere

Bosveld het met Hannelie van der Walt, Honde-afrigter en gedragspesialis gesels, en sy gee die volgende raad:

MOKOPANE – Die vakansie het aangebreek en die Kersseisoen is in volle gang. Dit is ook ‘n tyd waar ons troeteldiere beseer of vermis raak weens die klappers wat tydens Kersfees en Nuwejaars in die verskeie woonbuurte gebruik word.
Bosveld het met Hannelie van der Walt, Honde-afrigter en gedragspesialis gesels, en sy gee die volgende raad:

• Moet onder geen omstandighede jou honde tydens die feesseisoen alleen los nie.

• Kry iemand wat jou honde ken en voldoende toesig kan bied en vir stres en dehidrasie monitor.

• Indien jy van ‘n vreemde persoon gebruik maak, laat jou honde vooraf met die persoon kennis maak.

• Sorg dat jou honde baie oefening op die dag wat vuurwerke geskiet gaan word kry.

• Hou honde binne die huis in ‘n veilige kamer en maak die gordyne toe sodat honde nie die vuurwerke se lig kan sien nie.

• Hou binnenshuis ligte aan, speel musiek of sit die TV se klank hard.

• Sit ‘n kombers, water, kos en speelgoed in die hond se veilige omgewing, weg van vensters en verwyder enige items wat die honde kan beseer.

• Wanneer jy ‘n hond het wat soms onder stres ly moet jy vroegtydig medikasie vanaf die veearts kry.

• Moenie aan jou troeteldier selfmedikasie probeer toedien nie, sekere kalmeermiddels soos ACP stroop, verskerp hulle gehoor.

• As jou hond iewers in die huis wegkruip, het hy sekerlik ‘n veilige plek gevind en is dus bes om hom alleen te los.

• Maak seker jou hond het ‘n bandjie met jou besonderhede om sy nek.

• Bly ten alle tye kalm omdat jou stres oordraagbaar is.

• Sit ‘n paar weke voor die tyd watte in jou troeteldier se ore om hom daaraan gewoont te maak.

• Kontak jou veearts as jou hond beseer is.

• Verwyder enige vuurwerk materiaal wat op die erf lê omdat die reuk hiervan die troeteldier paniekerig kan maak.

• Honde wat baie stres blaf, hardloop rond, spring en hardloop dus in goed vas. Beveilig die buite area, pallisades met skerp punte of waar ‘n hond sy kop kan deurdruk.

• Maak seker jy het duidelike, onlangse foto’s van jou hond sodat jy dit kan versprei sou hy vermis raak.

• Vuurwerk-verwante klagtes kan by die DBV aangemeld word by (015) 491 3661 en vir noodgevalle skakel 076 538 6291.

• Mokopane Dierekliniek kan ook by 082 420 4776 geskakel word.

Laat ‘n boodskap en die veearts sal terug skakel.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version