BusinessNews

Toyota Knights ondersteun mindervermoënde leerders

Pietersburg Laerskool se Ystertjies is verlede Dinsdag deur die plaaslike Toyota Knights met geskenke bederf. Sandra van der Merwe, ‘n Toyota Knight, sê dié uitreik is ‘n jaarlikse projek deur Limpopo Toyota en die Knights waar hulle geskenke aan Suidskool se behoeftige leerders gee. “Elke geskenk bestaan uit vyf items: ‘n kledingstuk, skryfbehoeftes, toiletware soos …

Pietersburg Laerskool se Ystertjies is verlede Dinsdag deur die plaaslike Toyota Knights met geskenke bederf.
Sandra van der Merwe, ‘n Toyota Knight, sê dié uitreik is ‘n jaarlikse projek deur Limpopo Toyota en die Knights waar hulle geskenke aan Suidskool se behoeftige leerders gee. “Elke geskenk bestaan uit vyf items: ‘n kledingstuk, skryfbehoeftes, toiletware soos seep of lyfroom, lekkergoed en ‘n speelding.”
Die projek is baie jare gelede deur ‘n werknemer van Limpopo Toyota, Lynette van Alleman, begin en die Knights het met verloop van tyd daarby ingeval. Alhoewel die projek onder die vaandel van die Toyota Knights gedryf word, dra byna elke werknemer van Limpopo Toyota by om vir elke leerder ‘n geskenk te koop, volgens Van der Merwe.
Sy en ander Knights, Benny Cahn en Nelmar Smit kon nie die oorhandiging bywoon nie.
Die Ystertjies is leerders wat mindervermoënd is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Limpopo Toyota-personeellid, Nátilly Niemandt oorhandig ‘n geskenk aan ‘n Ystertjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button