Local NewsNews

Krag, luuksheid snoer hier saam

Wanneer dit by krag en luuksheid kom, staan die Ford Everest Limited 3.2 6AT 4WD glad nie terug nie en is enige avontuurlustige gesin se droomvoertuig.

MOKOPANE – Bosveld het dié voertuig toetsbestuur en is slegs met goeie indrukke nagelaat.

Dié SUV gebruik 8.2 L/100km diesel en is geskik om rowwe terreine met sy 4×4 vermoëns met alle gemak aan te pak. Die voertuig sit stewig om die draaie, dit weens sy vastrapbeheer en rol glad nie by opdraandes agteruit nie.

Op die rowwe terrein wat sinkplaatpaaie en klippe insluit , het dié Everest uitstekend presteer en met groot gemak oor die bulte en slote gery.

Hierdie breë en goedafgewerkte voertuig het ook aanpasbare spoedbeheer wat langpadry vergemaklik en daarby terreinbeheer- en vooruit waarskuwing kontroles, sowel as botsingsversagting en afstandwaarskuwing insluit.

Die stuurwiel, sewe sitplekke en die paneelbord is alles in leer afgerond. Al die sitplekke kan platslaan wanneer dit sou so vereis word en jy sal ook nie spyt wees oor die heerlike beenspasie wat voor en die middel- en agtersitplekke verskaf.

‘n Elektroniese panoramies uitsig iseen van die vele luukshede.

‘n Elektroniese panoramiese dak is ‘n standaarde kenmerk. Die Everest spog met goeie moderne tegnologie en ‘n 8-duim raakskerm wat tot jou beskikking is en wat twee USB poorte insluit. Sosiale kommunikasie is ook deur die Ford SYNC 3 stem-beheerde sisteem vergemaklik.

Die Ford Everest Limited omskep die bestuursproses in ‘n fees en is perfek vir die wat ‘n luukse, groot en betroubare voertuig wil aankoop.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button