‘n Stem vir radio? JouRadio soek jou!

JouRadio wat binnekort op FM in Polokwane gaan uitsaai is opsoek na vryskutomroepers.

POLKWANE – Het jy ’n passie vir radio, of dalk ’n stem soos dié van ’n engel?

Hierdie is die ideale geleentheid vir iemand wat nog altyd op radio wou wees en ‘n verskil kan maak in die gemeenskap, maar steeds sy, of haar beroep wil beoefen.

Lees ook: Kokomo – sand, sea, radio waves

Aspirant omroepers moet in Afrikaans en Engels kan uitsaai, ’n goeie kommunikeerder wees, beskik oor ‘n goeie algemene kennis en twee tot vier ure per week beskikbaar wees.

Indien jy wil aansoek doen, stuur ‘n What’s-app stemboodskap van 60 sekondes voor 31 Desember na 063 048 9408 en vertel ons meer van jouself en hoekom jy graag op radio wil wees.

Aansoekers wat aandag trek sal vroeg in 2018 genooi word na amptelike oudisies in Polokwane.

Aspirant omroepers sal dan ’n volledige uitsending moet voorberei en aanbied met hulp van JouRadio se talentspan.

JouRadio se programme word beplan en saamgestel met die gemeenskap van Polokwane in gedagte.

Die radiostasie wil graag mense van alle ouderdomme die geleentheid bied om die gemeenskap te verteenwoordig.

Programme sal veral fokus op goeie en positiewe leefstyl, plaaslike gemeenskapsnuus, sport, en stokperdjies.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version