Ma, dogter maak harte vir diere in nood oop

Louise van Ghent en haar dogter, Anri, het besluit om ‘n Kersbederf vir ‘n hond of kat wat nie ‘n liefdevolle familie het nie te gee deur die Santapaws-inisiatief te ondersteun.

POLOKWANE – Dié ma-en-dogterspan deel self hul huis met ‘n paar vierpotiges en sê hulle wou hulle liefde met hawelose diere deel.

“Mense besef nie werklik hoe groot die nood oor Desember is vir die sentrums en mense wat na hawelose diere omsien. Dit breek my hart om al die diere sonder huise op Facebook te sien, soms sommer ‘n hele werpsel katjies wat nuwe huise soek. Ek is baie dankbaar vir mense en instansies in die stad wat daardie diere help en wou deur Santapaws my deel ook doen,” vertel Louise.

LEES MEER:‘Pledge’ ‘n kersbederf vir vierpoot-vriend

“Dit is ons plig om na God se skepping te kyk. Om ‘n Santa Shoebox vir ‘n kat of hond te maak neem nie baie tyd of geld nie, maar dit maak ‘n groot verskil vir daardie dier en die mense wat hulle versorg. Ek versoek elke leser om by hierdie inisiatief betrokke te raak en saam ook ‘n verskil in ‘n dier se lewe te maak.”

Woof-woof, its Christmas fur us too

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version