Munisipale staking lê Mookgophong lam

Inwoners van Mookgophong is nou al dae lank sonder water nadat munisipale amptenare Maandag met ‘n staking begin het. Die munisipale kantore is ook gister (Woensdag) gesluit en geen vullisverwyderingsdienste word in die dorp gelewer nie, terwyl elektrisiteitsvoorsie­ning ook geraak is. Marlene van Staden, burgemeester van die LIM 368 Munisipaliteit, wat ook Modimolle en Vaalwater …

Inwoners van Mookgophong is nou al dae lank sonder water nadat munisipale amptenare Maandag met ‘n staking begin het. Die munisipale kantore is ook gister (Woensdag) gesluit en geen vullisverwyderingsdienste word in die dorp gelewer nie, terwyl elektrisiteitsvoorsie­ning ook geraak is.
Marlene van Staden, burgemeester van die LIM 368 Munisipaliteit, wat ook Modimolle en Vaalwater bedien, sê die amptenare staak omdat hulle ontevrede is oor die ongelykhede in salarisse wat ontstaan het toe die munisipa­liteite van Mookgophong en Modimolle saamgevoeg is.
Hercules Louw, hoofsweep van die munisipale raad, het Dinsdag in ‘n teksboodskap aan inwoners gesê dat al die dorp se reservoirs sedert Maandag dolleeg was en dat die twee hoofpompe by die Frikkie Geyserdam ook buite werking was. “Twee kraglyne se geleiers het op die grond gelê met geen amptenare om dit te herstel het. Ons gaan vannag (Dinsdag) alle water afsny, sodat ons water in reserwe kan opbou en daar behoort Woensdagmiddag weer water te wees.”
Volgens Louw is die staking nie verby nie. “Die munisipale bestuurder het die amptenare Maandagmiddag toegespreek, maar hulle is ontevrede met die uitslag.
Ons doen ‘n beroep op u om saam met ons die situasie te bestuur en nie beledigend te raak nie. Ons doen ons bes om ‘n diens aan u te verskaf onder moeilike omstandighede,” pleit Louw.
Die telefone by die munisipaliteit was teen druktyd onbeantwoord.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version