NewsSchools

Kruinies se Eisteddfod-wenners vereer

Leerders van Curro Heuwelkruin se prestasies gedurende vanjaar se National Eisteddfod Academy (NEA) se kompetisie het daartoe bygedra dat Kruinies as wenskool in die Noord-Gauteng en Limpopostreek aangewys is. Verskeie leerders is as item- en kategorie­wenners aangewys terwyl Mia Meyer en CJ Smith onderskeidelik ambassadeurstoekennings vir kreatiewe skilderwerk en Afrikaanse mono­loog ontvang het. Ses laerskoolleerders, …

Leerders van Curro Heuwelkruin se prestasies gedurende vanjaar se National Eisteddfod Academy (NEA) se kompetisie het daartoe bygedra dat Kruinies as wenskool in die Noord-Gauteng en Limpopostreek aangewys is.
Verskeie leerders is as item- en kategorie­wenners aangewys terwyl Mia Meyer en CJ Smith onderskeidelik ambassadeurstoekennings vir kreatiewe skilderwerk en Afrikaanse mono­loog ontvang het.
Ses laerskoolleerders, Lené van As, Boer­tjie Steyn, Ni-Marié Bierman, CJ Smith, Tania Rosslee en Mia Meyer is onder die toptienpresteerders.
Die itemwenners is Chloe Fernandes (graad R, English poetry), Anastasia Kourtoumbellides (graad 2, classical ballet), Alessio Calokechi (graad 3, English public speaking), Alisha Calokechi (graad 3, piano), Luna Mary Leon (graad 3, piano), Mia Meyer (graad 3, vokaal, klassieke ballet, English narrative poetry en visuele kuns), Boertjie Steyn (graad 4, Afrikaans monoloog), Liana Pragji (graad 4, klassieke ballet), Tania Rosslee (graad 5, Afrikaans prosa, Afrikaans poësie, Afrikaans oorredingstoespraak), CJ Smith (graad 6, Afrikaans poësie, Afrikaans monoloog), Kayla Muller (graad 6, vokaal), Alexander de Kock (graad 7, Afrikaans poësie), Arno Lombard (graad 7, elektriese kitaarsolo), Lené van As (graad 7, Afrikaans prosa), Kayla Muller en CJ Smith (graad 6, Afrikaans samespraak intermediêre fase),
Die kategoriewenners is Mia Meyer (junior klassieke ballet), Tania Rosslee (senior Afrikaans prosa), Zia Moti ( junior English public speaking), CJ Smith (junior Afrikaans poësie) en CJ en Kayla Muller (graad 6 junior Afrikaans samespraak), Lené van As (junior Afrikaans prosa) en Curro Heuwelkruin se juniorkoor (Choral Music).

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Kayla Muller, CJ Smith, Mia Meyer, Zia Moti en Lené van As is kategorie­wenners.Tania Rosslee was afwesig.
Lené van As, Boertjie Steyn, CJ Smith, Mia Meyer en Ni-Marie Bierman is onder die toptienpresteerders. Tania Rosslee was afwesig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button