Kleuters sluit jaar af met piekniek & sang

Ouers en kleuters van Erica Pri-primêre Skool het verlede Donderdag hul jaarlikse afsluiting met ‘n Kerssangdiens en piekniek afgesluit. Kleuters, wat karakters uit die Bybel met die geboorte van Jesus verteenwoordig het, het Kersliedere gesing waarna hulle by hul ouers kon aansluit om ‘n opelugpiekniek te geniet. ‘n Ouer, Eugene Bray is die wenner van …

Ouers en kleuters van Erica Pri-primêre Skool het verlede Donderdag hul jaarlikse afsluiting met ‘n Kerssangdiens en piekniek afgesluit.
Kleuters, wat karakters uit die Bybel met die geboorte van Jesus verteenwoordig het, het Kersliedere gesing waarna hulle by hul ouers kon aansluit om ‘n opelugpiekniek te geniet.
‘n Ouer, Eugene Bray is die wenner van die skool se geldinsamelingsprojek na ‘n gelukkige trekking en is met ‘n winkeltrollie vol kruideniersware huis toe. ‘n Tweede waentjie is aan ‘n behoeftige gesin geskenk.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Erica Pre-Primêr-skoolhoof, Monja Groene­wald en die wenner van die winkeltrollie vol kruideniersware, Eugene Bray.
Carlo du Preez, Suané Booysen en Melani Bouwer tydens die Kerssangdiens.
Twee engeltjies, Kaylee Brits en Jozelle Needham.
Melani Bouwer saam met haar ma, Minnie.
Koula Kkoutas op haar pa, Alexi se skoot.
Gerhard Davel speel die trom tydens ‘Little Drummer Boy.’
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version