Kleuters leer speel-speel hoe om bedag te wees op mensehandel

Die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme-veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders het op Saterdag, 25 November afgeskop.

POLOKWANE –  Op Woensdag, 29 November het Mariska Hyland en Janine Kruger, Mev. Polokwane 2018, Bambini Montessori besoek om hulle meer van mensehandel te leer.

Mariska Hyland

Lees meer: A STOP to the trafficking of children

Mariska en Janine is deel van Stop Trafficking of People (STOP) en het aan die kleuters vertel hoe spesiaal hulle lywe is.

Met behulp van liedjies, prentjies en demonstrasies het die twee die kleuters meer oor die gevare van mensehandel geleer en hulle ook geleer dat hulle mag nee sê as mense aan hulle wil vat of hulle wil steel.

Lees meer: Police, STOP unite to stop human trading in Limpopo

“Jou liggaam is soos ‘n verkeerslig. Daar is groen areas, soos jou hane en voete, waar dit in orde is as iemand aan jou vat. Dan is daar oranje areas, soos jou maag, waar dit nie heeltemal in orde is as iemand aan jou vat nie en dan is daar die rooi dele, soos jou privaatdele, waar niemand mag vat nie,” het Mariska aan die keluters verduidelik.

Mariska vertel dat dit nie altyd maklik is om hierdie boodskap aan kinders oor te dra nie, maar dat hulle tog moet leer. “Hulle moet woorde soos pornografie, prostitusie en seksualiteit hoor sodat hulle dit kan herken en weet waaroor dit gaan,” het sy verduidelik.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version