Kleurvolle Kersmark by AGS Taberna Dei Moedergemeente

Daar is ook tuisgebakte koeke, terte en eetgoed, sowel as kabanossi, lekkers en konfyte.

Daar is sowat 80 uitstallers wat van regoor Suid-Afrika kom om die geleentheid mee te maak. Dit sluit in uitstallers van unieke handgemaakte houtkuns, juwele, klere, dekor, Kersversierings en vele meer. Die grootste gedeelte van die wins word benut vir die kerk se onderskeie projekte soos Muurprop en die Kinderkerke.

Daar is ook tuisgebakte koeke, terte en eetgoed, sowel as kabanossi, lekkers en konfyte. Die fudge-stalletjie spog tans met ‘n derde uitmuntende fudge De Kat-toekenning, en Daleen Bröm, organiseerder van die Kersmark, meen dit is die beste fudge wat sy al ooit geëet het. “Ons poog elke jaar om die Kersmark te bevorder en verbeter deur sowat 20 nuwe uitstallers in te bring. Ons het vanjaar ‘n SMS-kompetisie en die prys is ‘n Kersmarkgeskenkpak ter waarde van sowat R1 500. Ons restaurant het varsgemaakte kos teen billike pryse en die koffiekroeg bied heerlike warm verversings. Die Kersmark is oop weeksdae vanaf 10:00 tot 19:00 en Saterdag van 09:00 tot 19:00.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version