Help om Eefeeshuis se inwoners te bederf

Eeufeeshuis werknemer, Rita Groenewald, wil graag die feestyd vir dié huis vir gestremdes spesiaal maak, maar benodig baie hulp vanaf die gemeenskap.

“Ek wil graag ‘n beroep doen namens myself vir Eeufeeshuis, die huis vir gestremdes. Ek wil hoor of mense met besighede of individue ons kan borg om vir die inwoners die Kersfees spesiaal te maak. Ons wil vanjaar vir elkeen ‘n pet gee saam met koekies, lekkergoed en skyfies. Dis nie baie nie maar vir hulle beteken dit die wêreld.” Rita doen ‘n beroep op die gemeenskap om hierdie droom in ‘n realiteit te omskep deur geldskenkings te gee of die benodighede self aan te koop en by die huis af te lewer.
Die pette kos elk R48 by Jadetex en kos altesaam R3 840. “As iemand ‘n beter prys het of as jy wil help, kontak my by (015) 2911787.”

Exit mobile version