Hartseer Kersfees vir gesin nadat huis afbrand

‘n Gesin van die stad het Vrydag al hul besittings verloor nadat die grasdakhuis wat hulle op ‘n kleinhoewe in die Klipspruit-gebied net buite die stad huur, afgebrand het. “Dit is maar ‘n donker Kersfees vir ons. Alles is in die brand verwoes, selfs die Kersgeskenke wat reeds gekoop is,” sê Jeanne Botha wat saam …

‘n Gesin van die stad het Vrydag al hul besittings verloor nadat die grasdakhuis wat hulle op ‘n kleinhoewe in die Klipspruit-gebied net buite die stad huur, afgebrand het.
“Dit is maar ‘n donker Kersfees vir ons. Alles is in die brand verwoes, selfs die Kersgeskenke wat reeds gekoop is,” sê Jeanne Botha wat saam met haar ouers, Hannes en Annatjie Geldenhuys en haar twee seuns in die huis gewoon het. Die gesin word tans elders gehuisves.
Sy vermoed ‘n elektriese kortsluiting in een van die kamers het die brand veroorsaak. “Net my ma en my jongste seun was by die huis. Gelukkig kon hulle betyds uitkom en is ongedeerd, maar niks kon gered word nie,” sê Botha.
Van die gesin se katte het in die huis doodgebrand terwyl ander beseer is en behandeling moes kry.
‘n Familievriend, Denise Nigrini, het sedert die voorval skenkings en donasies vir die gesin begin insamel. “Ons het ‘n klein yskassie, wasmasjien en beddens ontvang, maar die gesin kort nog ‘n vrieskas, kruideniersware, sitkamerstel, stoele en ‘n tafel. Enigiets is welkom. Ons benodig ook kontantdonasies om die gesin finansieel te ondersteun,” sê Nigrini.
Nigrini kan by 079 107 2689 geskakel word.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version