NewsSchools

PLS leer oor natuurrampe

'n Vukaniese uitbarsting eksperiment is ook aan die leerders gedemonstreer.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg se gr. 3 klasse het die afgelope paar weke van verskeie soorte natuurrampe in hulle natuurwetenskap vak geleer.

Die vulkaniese uitbarsting wat die gr. 3 leerders aanskou het tydens hulle natuurwetenskap klas.

Volgens Laerskool Pietersburg Onderwyser Chrizette Campher, is daar deeglik aan die leerders verduidelik wat hulle moes saambring om self hulle eie vulkaan te maak.

Laerskool Pietersburg Onderwyser Chrizette Campher besig met die eksperiment.

“Jy benodig twee bottels. Een bottel word gebruik om 3 teelepels koeksoda in te gooi en ‘n ander bottel om asyn, seep en kleursel in te meng. ‘n Kreatiewe vulkaan vorm kan ook gemaak word wat bo op ‘n koeksoda bottel geplaas word. Gooi dan die asyn mengsel stadig in tot die mengsel van die reaksie tussen die twee mengsels uit borrel,” vertel sy.

Die leerders het aan Review vertel dat sulke eksperimente vir hulle lekker is, omdat hulle iets nuut op ‘n baie opwindende manier leer en dit later ook self by die huis kan probeer.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button