Local NewsNews

Kenner gesels oor outisme

Volgens Lize Kubannek, 'n Arbeidsterapeut, is een van die grootste uitdagings van outisme die blote feit dat niemand presies weet wat dit veroorsaak nie.

POLOKWANE – “Daar is wel ‘n skakel tussen outisme en chromosoon 15, daar kan ook ‘n mutasie van die shank drie breinproteïen wees wat kommunikasie tussen breinselle beïnvloed.

“Dit beïnvloed ook die grondslag om inligting te ontvang en terug te voer. Sommige ouers neem egter aan dat hulle iets gedoen het wat die outisme veroorsaak het wat glad nie die waarheid is nie,” verduidelik sy.

Outisme is ‘n ontwikkelingsafwyking wat kommunikasie en interaksionele vermoë belemmer. Daar is ‘n spektrum waaronder dit geklassifiseer kan word; hoë funksionele outisme en lae funksionele outisme.

“Outistiese kinders is wonderlik, hulle sien dinge wat ons nooit eers sal kan raaksien nie,” meen Kubannek.

Wees bedag op dié gedrag:

• Afsydige houding.
• Geen vrees vir gevaar.
• Tekortkominge in taalontwikkeling.
• Probleme met sosiale verhoudings.
• Objek beheptheid
• Afwykende speelgedrag.
• Vreemde reaksies.
• Verwarde motoriese reflekse.
• Gebrekkige motivering.

Volgens Kubannek en haar navorsing, is daar tydens 1990 en 2006 ‘n 700% toename in outisme gewees en die afwyking is vier keer meer algemeen in seuns as in meisies.

Sy verduidelik egter dat sekere allergieë soos ‘n glutienallergie dieselfde simptome as outisme aantoon, dus is dit belangrik om sou go as moontlik ‘n diagnose te maak om so ook vinnig die prognose vas te stel.

Wenke vir ouers met outistiese kinders:
• Kontroleer dieet.
• Vereer goeie gedrag.
• Sê presies wat jy van die kind wil hê.
• Maak seker jy het die kind se aandag voordat jy ‘n opdrag gee.
• Maak seker jou ja is ja en jou nee is nee.
• Moenie alles vir jou kind doen nie.
• Moenie iets belowe wat jy nie kan gee nie.
• Moenie ‘n bejammerende houding teenoor jou kind hê nie.
• Sê wat gedoen moet word en moenie soebat nie.
• Werk deur die weerstand.

“Indien die diagnose wel by ‘n kind gemaak word, moet ouers daarop let dat daar steeds aandag aan ander broers en susters gegee moet word.

“‘n Outistiese kind kan baie uitdagend wees en die broers en susters word om die rede soms afgeskeep.

“Ouers moet almal by die besluitnemingsproses betrek,” sluit sy af.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button