Radio Kalahari Orkes ‘n treffer vir liefdadigheid

‘n Behoorlike partytjie met sowat 500 gaste is Vrydagaand gehou en daar is tot laataand gekuier tydens die gewilde Radio Kalahari Orkes se optrede in die stad. Die orkes met bekende akteur, Ian Roberts, as hoofsanger en ander orkeslede op kitaar, tromme en trekklavier se aansteeklike ritme het gaste vroegaand al aangespoor om heupe te …

‘n Behoorlike partytjie met sowat 500 gaste is Vrydagaand gehou en daar is tot laataand gekuier tydens die gewilde Radio Kalahari Orkes se optrede in die stad.
Die orkes met bekende akteur, Ian Roberts, as hoofsanger en ander orkeslede op kitaar, tromme en trekklavier se aansteeklike ritme het gaste vroegaand al aangespoor om heupe te swaai en gesellig saam te kuier en te sing.
Die geleentheid is deur DDKK Prokureurs in samewerking met Limpopo Toyota, EPX Courier Services, Pietersburg Bande en Hi-Q Ladine gereël om geld vir liefdadigheid in te samel.
Gaste is met ‘n heerlike skaapbraai en verskeidenheid slaaie bederf terwyl Tafelronde Pietersburg 22 die kontantkroeg behartig het.
Een van die organiseerders, Zilla Ferns sê dit was ‘n suksesvolle aand en gaste het mekaar se geselskap tot laatnag geniet. “Die geld sal volgende jaar vir minderbevoorregte leerders in plaaslike skole aangewend word.”

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Lede van Tafelronde Pietersburg 22, Gert Ehlers, Werner Marais en Jannie van Waveren beman die kontantkroeg.
Ian Jannasch en sy metgesel, Yolindie Oerlemans.
Gerda en Benny Cahn verkeer gesellig.
Jacques en Lena-Marie Swanepoel is gereed vir ‘n opskop.
kteur en hoofsanger van Radio Kalahari Orkes, Ian Roberts tokkel die kitaar.
Ronel en Adri Malan is deel van die 500 gaste.
Leoné Diedericks en haar man, André voor die konsert.
Plaaslike sanger, Mischa Becker, op die verhoog tydens die voorprogram.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version