CrimeNewsUpdate

Kevin Clerk skuldig bevind

Kevin Clerk is in 2014 aangekla nadat hy André van der Berg voor sy huis in Geyserstraat doodgery het.

MOKOPANE – Kevin Clerk, wat tereg staan op aanklag van strafbare manslag, is Woensdag, 8 November in die Mokopane Landdroshof skuldig bevind en sal op 13 Desember gevonnis word.

Hy is in 2014 aangekla nadat hy André van der Berg voor sy huis in Geysertstraat doodgery het. Die twee mans het na bewering laataand in ‘n gewilde kuierplek slaags met mekaar geraak.

Lees meer: Moordsaak hervat in Maart

Clerk is vir ‘n tydperk in die Mokopane polisieselle aaneghou maar is tans uit op R2 000 borg.

Hou Bosveld dop nadat sy lot op 13 Desember voorgelê sal word.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button