‘Schools will be stripped of powers’ – here’s how to comment

Parents and interested parties have until Friday, 10 November to comment on the Basic Education Laws Amendment Bill, which, if approved, will see see school governing bodies stripped of certain powers.

POLOKWANE –  If approved, the Department of Basic Education will take control of schools’ language policies, teacher appointments and pupil admissions.These are just some of the proposed changes to the South African Schools Act. According to role players in local schools as well as nationally, the proposed legislation will have far reaching effects in terms of how schools will function in future.Several schools in the city this week mobilised their parents to act, through signing petitions and sending their comment with regard to the proposed changes. According to reports, Matakanye Matakanya, the National Association of Schools Governing Bodies Secretary General, said the association opposed the proposal.”We made it clear to Basic Education Minister Angie Motshekga as we believe this takes us back to Apartheid when communities never had a say in how schools in their communities were being run,” he was quoted as saying. The South African Teachers Union described the changes as an attempt to hijack schools.
“The proposed changes will take education back to the pre 94 era, when schools were an extention of the political authorities of the day. This would subject schools to having to maintain a specific political agenda and nothing will come of the noble principles that today make a school a democratic institution. These changes would undoubtedly not add improvements to the quality of education in the country, and are aimed at hijacking every school in the country for the benefit of government,” the union says in an online newsletter.

Comment on the proposed changes can be e-mailed to rudman.d@dbe.gov.za or faxed to (012) 323 9430.

We asked several local schools’ governing bodies for their input:


NOORDERLAND HIGH SCHOOL
School Governing Body:
The biggest limitations in terms of the functions/responsibilities of governing bodies, should the proposed amendments go ahead, will be curtailed to rubber stamping all what the department says like recommending the appointment of teachers will be eroded. This amount to school capture as wrong people will be deployed to run schools and govern buildings,finances and the like. The school community will have minimum or no influence in the direction the school has to take like language policy and choice of curriculum. Parents currently have the benefit of deciding the destiny of the school their children attend.Parents who have their children’s best interest at heart must mobilise as this is the democratic way of showing satisfactions of the amendment through petitions. The narrative of ‘school capture’ should condemned with the utmost legal means it deserve to prevent the sale of our children future.


HOëRSKOOL PIETERSBURG
Johan van den Heever, Beheerliggaamvoorsitter skryf…
“Indien die voorgestelde veranderinge aanvaar word, sou dit beteken dat die Departement van Onderwys skole, in alle opsigte, alleen gaan beheer, veral met betrekking tot die toelaat van leerders, taalbeleid en die aanstelling van kundige personeel.
Implikasies hiervan sou wees dat skole nie meer kan sorg dat die beste personeel aangestel word, dat ‘n skool sy taalbeleid onveranderd mag laat, of dat ons slegs leerders volgens ons skool se etos mag akkommodeer nie.
Die grootste voordeel wat ouers tans onder die vaandel van ‘n beheerliggaam het, is beter perspektief, onafhanklike meningsvorming en verteenwoordiging van ouers oor ‘n breë spektrum van skoolsake.
Dit is krities dat ouers mobiliseer vir hierdie saak, in plaas daarvan om terug te sit en geen aksie te neem nie, want indien ouers nie optree nie, gaan die Onderwysdepartement eensydige, onvanpaste besluite neem en aanstellings maak wat nie binne die skool se waardesisteem en kultuur val nie.
Dit gaan ‘n bedreiging inhou vir PHS as enigste oorleefbare Afrikaansmedium hoërskool in Limpopo. Leerders se basiese reg tot opvoedkundige onderrig in sy of haar moedertaal, sal beïnvloed word.


LAERSKOOL PIETERSBURG-OOS
Dr. Andri Weyer, Beheerliggaamvoorsitter, skryf…
“Daar is drie gedeeltes van die wetgewing rakende hoe skole werk, wat drasties gaan verander. Die eerste is die toelatingsbeleid. Dit sou voortaan beteken dat beheerliggame nie meer die toelatingsbeleid van ‘n skool kan bepaal nie en dat dit deur die departement van onderwys beheer sou word. Die bekommernis is dat die getal leerders per klas dan nie beheer kan word nie.
Ten tweede sal die voorgestelde taalbeleid nie voorsiening maak dat beheerliggame die taal van onderrig kan bepaal nie.
Die voorgestelde wetgewing is van so ‘n aard dat die taalbeleid van ‘n skool ook deur die departement goedgekeur moet word.
Onderrig in jou moedertaal is oral bewys om die beste tipe onderrig te wees. Moedertaalonderrig is dus direk hier in gedrang
indien die wetgewing sou verander.
Ten derde is die aanstellings van onderwysers, vakhoofde, adjunkhoofde en hoofde. Die wetgewing neem die vermoë van die beheerliggaam weg as dit kom by die aanstellings. Die implikasies is dat die etos wat in elke skool tans is, dramaties gaan verander.
Beheerliggame sou dan nie die toelating van leerders of taal van onderrig kon bepaal nie. Die beheerliggaam sou ook nie onderwysers van keuse kan aanbeveel vir aanstelling nie.
Dit is tans juis hierdie drie punte wat die sukses van skole verseker. Indien ouers wil verseker dat skole ook in die toekoms funksioneer soos nou, sal hulle moet mobiliseer en kommentaar
lewer op die voorgestelde wetgewing.
As die wetgewing goedgekeur word sal die skoolgemeenskap soos ons dit ken, ingrypend verander. Skole speel ‘n integrale rol in gemeenskappe en hierdie wetgewing gaan dit verander.
Nog nooit vantevore was skole en hulle funksionering so kwesbaar soos nou nie.”

PIETERSBURG LAERSKOOL
Johan Wilken, Beheerliggaamvoorsitter, skryf…
Die belangrikste vraag is: Waarom ‘n wysiging aan die bestaande wetgewing? Dit gaan magte van die beheerliggame wegneem om eie besluite te neem rondom skole in gemeenskappe en gaan ook tuisonderrig aan bande lê deurdat sodanige ouers eers by die onderwysdepartement toestemming moet verkry en aan verskeie vereistes sal moet voldoen soos voorgeskryf. Dit gaan belasting verhoog, skoolgelde verhoog en administrasie omslagtig maak. Ongeveer 600 000 onderwyspersoneel landwyd se privaatheid gaan geskend word, deurdat persoonlike inligting oor hulle finansiële vermoë aan die onderskeie provinsiale onderwysdepartemente bekendgemaak sal moet word. Provinsiale departemente kan die taalbeleid, soos bepaal vir ‘n skool deur die betrokke beheerliggaam, verander en daardeur die reeds bedreigde enkelmediusmskole (Afrikaans) dwing om te verander. Daar is landwyd slegs een uit elke 20 skole vir Afrikaanssprekende kinders beskikbaar. Die wegneem van die aanstellingsmagte van beheerliggame gaan veroorsaak dat godsdiensonderrig in gevaar gestel gaan word aangesien enige geloofonderwyser deur die departement aangestel kan word sonder insette van die ouers wie se kinders die skool bywoon. Verder gaan die uitverhuur van fasiliteite aan kerkgroepe en ander instansies vir fondsinsamelings deur skole eers deur die departement goedgekeur moet word wat prakties nie implementeerbaar is nie weens die reeds onvermoë van provinsiale departemente om basiese administratiewe prosesse te hanteer. Die wetgewing druis ook lynreg in teen een van die belangrikste beginsels in die grondwet naamlik “Governance for the people by the people”. Die voorgestelde wysigings is die swakste oplossing wat in ‘n demokratiese bestel ter tafel gelê kan word.Verdere moontlike implikasies het met finansies te doen. Gesonde skole gaan stadig ge-erodeer word deurdat ouers nie gevra kan word vir finansiële status wanneer om vrysteling van betaling van skoolgelde aansoek gedoen word nie. Dit gaan ‘n rippeleffek meebring wat uiteindelik gaan lei tot geen betaling van gelde nie, met die gepaardgaande aflegging van beheerliggaamposte. Dit gaan klasgroottes verhoog na onhanteerbare getalle en verswakte onderwys. Die finansiële welstand van openbare skole is afhanklik van alle ouers om die skoolgelde te betaal deur die beheerliggaam vasgestel na konsultasie met die ouers van die skool. Deur dit te ondermyn gaan gaan die ouers wat wel betaal al minder raak met gepaardgaande verlating van die skool
Wat die taalbeleid betref: In kort gaan die gemeenskap waarin die skool funksioneer nie meer die taalbeleid kan bepaal nie, nie die toelatingsvereistes kan bepaal nie, nie die onderwysersaanstellings kan beheer nie en ook nie bepaal waar die skool se voederarea is nie. Die departement sal dan enige onderwyser kan aanstel, sonder inagneming van ‘n skool se spesifieke behoefte of voorkeur. Soos reeds genoem is daar slegs een uit elke 20 skool beskikbaar vir Afrikaanssprekende kinders. Moedertaalonderrig is dus in gedrang en sal stelselmatig verdwyn. Dit is ironies dat die 1976-betogings teen Afrikaans in skole nou eensydig deur die departement afgedwing wil word, net in Engels. Weereens maak die grondwet voorsiening dat die taalvoorkeur van gemeenskappe beskerm moet word, maar dit word nie in ag geneem nie.
In terme van die grondwet beskik ‘n skoolgemeenskap oor die reg om in terme van ‘Collective Agreemetn 1 of 2008’ die proses te bestuur ten einde aanbevelings aan die departement van onderwys te maak as dit kom by die aanstelling van leerkragte om die leerders aan die spesifieke openbare skool te onderrig. Sonder twyfel sal die voorgestelde wysigings die skoolgemeenskap, in stryd met die grondwet, hulle ontneem van hierdie magte en verantwoordelikheid. ‘n Verlaging in die standaard van die onderrig, opvoeding en leer van ons jeug, ons toekoms, is dus ‘n gewaarborgde uitkoms indien die wysiging wetgewing sou word.
Elke skool is uniek waar dit geleë is, watter omgewing dit bedien, watter kultuur teenwoordig is. Slegs die ouers in daardie gemeenskap het die kennis om te bepaal hoe die skool moet funksioneer in die groter prentjie. Die skool se etos, visie en missie is eie aan ‘n gemeenskap en is ook in die grondwet verskans. Soos wat ons dit tans vind, bepaal, bestuur en implementeer sodanige skoolgemeenskap die wetlike prosesse met deurdagte insette, besluitneming en aanbevelings ten opsigte van die bestuursfunksies soos wat hul toegesê is in terme van wetgewing, regulasies en resolusies. Dit is die enigste wyse waarop seker gemaak kan word dat die leerders in sodanige openbare skool toegang het tot ‘n norme- en waardegedrewe skolastiese opleiding wat sal getuig van ‘n hoë kwaliteit en standaard akademiese bemagtiging. Die leerders waarin hierdie skole hul opleiding ontvang het se matriekuitslae getuig daarvan. ‘n Land se ekonomiese vooruitgang en werkskepping is in totaliteit hiervan afhanklik.
Wetgewing moet sodanige utkomste promofeer en nie ondermyn soos wat dit nou voorgestel word nie. Die vraag is: waarom moet die groeiende getal skole in die land wat suksesvol is die reg ontneem word om steeds te volhard in dit wat bereik word. Waarom moet wetgewing nou hierdie skole ondermyn ten koste van die leerders? Dit is geen ouer in hierdie land se wens dat hul kinders se reg tot kwaliteit skoolopleiding nou ontneem word deur onverantwoordelike wetgewing nie.
Dit is in belang van elke kind op skool en ook die wat nog moet skool toe gaan om te staan vir die regte verskans in die grondwet vir gemeenskappe. Alle ouers in hierdie land moet nou hande vat en opstaan in belang van hul kinders se toekoms. Daar is te veel op die spel vir ons kinders. Ouers het ‘n burgerlike reg en primêre verantwoordelikheid teenoor hul kinders en sal alles in hul vermoë moet doen om hierdie wysigings te stuit. Daar bestaan meganismes om dié tipe van vergryp van mag te keer en daarom moet elke ouer sy of haar kant bring. Sou ons dit nie doen nie, is kwaliteit onderrig gedoem in Suid-Afrika en is privaat skole teen hoë koste elke ouer se voorland.
Ons het gesien hoedat gemeenskappe skole afbrand en die onderrig van skole tot ‘n stilstand bring waar die staat inmeng in die openbare reg van gemeenskappe en nie gehoor gee aan eise gestel nie. Wanneer die reg om leerkragte aan te stel, leerders se taalregte en gemeenskappe se etos, visie en missies misken word kan ons verseker wees dat daar baie meer onrus gaan plaasvind ten nadeel van elke kind in die land wat opvoeding moet ontvang soos die grondwet bepaal deur kwaliteit onderwysers in skole deur die gemeenskappe bestuur waarin hulle funksioneer. Indien hierdie wysigingswetsontwerp deurgevoer word, is die kans seker daar dat ons in die toekoms sal vind dat gemeenskappe meer en meer skole afbrand uit frustrasie omdat hul regte nie gerespekteer word nie.
Mag rede seëvier in belang van ons jeug, ons toekoms.

hilda@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version