Marnè Ebersohn leerders geniet klas buite die klaskamer

MEA het besluit om aan die internasionale beweging van Outdoor Classroom Day deel te neem en het leerders die geleentheid gegun om in die natuurskoon klas te draf.

POLOKWANE – Marnè Ebersohn Akademie (MEA) het hul leerders onlangs die geleentheid gegee om hul skoolvakke in die buitelug te geniet.

MEA het besluit om aan die internasionale beweging van Outdoor Classroom Day deel te neem en het leerders die geleentheid gegun om in die natuurskoon klas te draf.

Duisende skole regoor die wêreld neem deel aan hierdie veldtog wat speeltyd prioritiseer wat gevolglik die leerders inspireer, motiveer en nader aan die natuur bring.

Die leerders tydens ‘n water eksperiment.

Vanjaar het 2,3 miljoen kinders vanaf 105 lande deelgeneem.

Hierdie inisiatief beoog om kinders se gesondheid te verbeter en hulle meer by die leerproses te inkorporeer terwyl hulle terselfdertyd ‘n verbintenis met die natuur ontwikkel.

Die speeltyd is nie net sentraal tot ‘n kind se genot nie, maar bevorder hul spanwerkvermoë, kreatiwiteit en ander lewensvaardighede.

Leerders van MEA geniet die opelugklasse.

As deel van die veldtog by MEA het die leerders met die suiwering van water eksperimenteer om onder andere vas te stel watter voorwerpe in die water dryf of sink en die rede vir die verskynsel.

Volgens een van die onderwysers Zerinda van der Merwe, is dit vir haar ‘n plesier wanneer die leerders ‘n kans gegun word om hulle akademie in die opelug te ervaar.

“Dit is asof die leerders meer uitsien na die klas en gevolglik meer spontaan is. Ek dink dit is iets wat ons as personeel dalk meer gereeld moet doen,” sê sy.

Die leerders en personeel van MEA het ‘n hele week van die inisiatief gemaak en het dit van 9 tot 13 Oktober waargeneem.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version