Boerboel Nuschka neem 4 varkies aan as haar eie

Die boerboel Nuschka is min gepla dat haar werpsel ietwat anders lyk as dié van 'n gewone hond.

MOKOPANE – Marita Nel vertel aan Bosveld die storie het maar ‘n tragiese begin: “‘n Sog en 11 van haar varkies is in ‘n fratsongeluk dood na werkers die sog per ongeluk in ‘n stoor toegemaak het. Die sog het toe in September geboorte aan 15 varkies gegee. Daarna is sy en 11 varkies oorlede.”

Nel sê die eerste paar dae was maar moeilik en die vier wees varkies is aan die lewe gehou deur hulle te voer met hope bottels melk.

Die moederhart van Nuschka het vermuwe toe sy die wees varkies aangeneem het.

“Nuschka, ons boerboelteef wat self nog nooit geboorte gegee het nie, het alles baie belangstellend aanskou. Haar moederhart het seker maar die oorhand gekry, die wees varkies aangeneem en self begin versorg en later die varkies aan haar laat drink.”

Nuschka hou ‘n wakende oog oor haar kroos.

Volgens Nel is Nuschka ‘n uitstekende moeder en versorg hulle elke dag en speel graag met hulle, “Die vier varkies is almal spekvet en gesond”.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version