Twee rowers vasgetrek danksy Suricat

Die waaksame reaksie-offisiere van Suricat het gesorg dat rowers verlede Vrydagaand tydens ‘n inbraak by Best Bake Bakery in Pretoriusstraat, op heterdaad betrap is.

MOKOPANE – Een van die offisiere, Jacob Kgase, het net voor 21:00 die beheerkamer ingelig dat Best Bake Bakery se agterdeur oop  staan en dat die veiligheidshek se slot gebreek is.

Lees meer: ‘Thanks to Suricat, for the swift response’

Hy het bystand gevra en senior offisiere Willie Harmse en Rassie Erasmus was spoedig daar.

Willie Harmse (Suricat sr. Reaksie Offisier).

Volgens Erasmus het hy, Harmse en Kgase die agterdeur van Best Bake Bakery oopgevind en ondersoek gedoen. “Ek het ‘n beweging in die kontantkantoor gesien en twee verdagtes op heterdaad met ‘n koevoet in hulle besit, betrap.

Lees meer: Suricat teamwork leads to suspect arrest

Een van die kasregisters was oopgebreek.

Ek het die polisie gekontak wat die verdagtes spoedig gearresteer het.”

Lees meer: Suricat-manne trek koperdief plat

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version