Local NewsNews

Lorraine is tuis en sterk aan

Na maande se bestralingsessies is Lorraine van Rooyen uiteindelik by die huis.

POLOKWANE – Lorraine se mediese stryd het vroëer die jaar begin toe sy van ‘n hoofpyn gekla het. Sy is hospitaal toe en daar is ‘n gewas op haar brein gevind.

Lees meer: Gesin benodig dringend finansiële hulp

Dokters het dadelik met bestraling begin en sy is eers op 23 Oktober ontslaan.

Lees meer: Lorraine benodig nog hulp

“Ek moes nog twee bestralingsesssies deurgaan, maar het dit sommer as buitepasiënt gedoen. Ek moet oor drie maande gaan vir ‘n MRI-toets. Nou drink ek pille vir epilepsie en ook vir energie.”
Lees meer: Lorraine sterk aan na eerste behandelings

Na haar terugkoms is sy met ‘n partytjie verwelkom.

“Ek het gewens ek kan net rus, toe word ek gedwing om baie te rus. Dit voel wonderlik om by die huis te wees. Ek word nie in die nag kort-kort wakker gemaak nie. Ek wil dalk vir my ‘n winkeltjie oopmaak op die plot, net met noodsaaklikhede soos melk, brood en lekkergoed. Ek kort net insetkoste om dit te begin. Ek het skuld by ‘n meubelwinkel wat ek aangegaan het voor ek siek geraak het. Hulle verstaan nie dat ek dit nie nou kan betaal nie en lê op my nek vir betalings,” vertel sy.

Aangesien die gewas in haar voorkop gevestig is, plaas dit druk op haar oogspiere en mag sy vanweë haar mediese toestand vir ‘n jaar lank nie werk nie.

“My hare val bietjie uit van die bestraling, maar dit is nie so erg nie. Ek kan niks van my tyd in die intensiewe sorgeenheid onthou nie.

“Ek is gevra om by party kerke getuienis te gaan lewer,” vertel sy.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button