Local NewsNews

[FOTOS] Jo Black inspireer inwoners

Meer as 800 mense het Maandagaand hul pad oopgesien na Taberna Dei Ooskampus vir Jo Black se optrede.

POLOKWANE –  M*A*N Polokwane se stigter, Mike Meyer, het dié Afrikaanse sangsensasie na die stad gebring as deel van hul bediening.

“Ons ontmoet elke maand en tydens die ontmoeting gesels ons oor sake wat alle mans raak. Hetsy dit pornografie, drank, werk, finansiële spanning of wat ookal is.

Jo Black in aksie op die verhoog.

“Dit is ‘n interkerklike mannebediening en is vir alle mans geskik. Ons lei en bemagtig hulle deur gebed,” verduidelik Mike.

Tydens Jo Black se optrede het M*A*N Polokwane ook geld oorhandig aan Amanda Koekemoer van Ngwana Babahuis, Melville Botha van Sent2Serve Ministries en René Roberts van Kansa Polokwane.

“Ons gee graag terug aan die gemeenskap en het die geld bymekaar gemaak uit vorige geleenthede wat ons gehou het.”

Die De Lange gesien kuier saam by die Jo Black-konsert. Hier is Abigail, Tim en Vanessa de Lange, Samuel Kayster en Samuel de Lange.

Jo het met staaltjies uit sy eie lewe aan die gehoor die boodskap oorgedra dat almal deur dieselfde dinge gaan, en met eenderse probleme en worstelinge sukkel. Hy het hulle aangemoedig om aan te hou hoop en glo.

Gaste was ook met ‘n heerlike skaapvleisete en nagereg bederf.

Jacques Naudé saam met sy twee dogters, Klarame en Estielee.

“Dit was beslis een van die lekkerste aande van my lewe,” vertel Anja Eksteen, een van die gaste.

Mariska Nel vertel dat sy nie na die optrede toe wou kom nie, maar dat haar kinders haar oortuig het.

“Ek is nie spyt nie, dit was waarlik baie goed.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button