Local NewsNews

Kenners waarsku teen Choice Lifestyle Change

“As dit te goed klink om waar te wees, dan ís dit.” So meen twee plaaslike beleggingkenners nadat die Finansiële Diensteraad (FDR) beleggers in ‘n onlangse persverklaring teen Choice Lifestyle Change, ‘n afdeling van Agape Free Enterprises (Pty) Ltd, gewaarsku en bevestig het dat dié maatskappy nie gemagtig is om in terme van die finansiële …

“As dit te goed klink om waar te wees, dan ís dit.”
So meen twee plaaslike beleggingkenners nadat die Finansiële Diensteraad (FDR) beleggers in ‘n onlangse persverklaring teen Choice Lifestyle Change, ‘n afdeling van Agape Free Enterprises (Pty) Ltd, gewaarsku en bevestig het dat dié maatskappy nie gemagtig is om in terme van die finansiële advies- en bemidde­laarswet enige finansiële advies of bemidde­laarsdienste te verskaf nie.
Choice Lifestyle Change, met kantore in Polokwane en Gansbaai, is ‘n finansiële oorbruggingsskema wat beleggers ‘n opbrengs van tot 15% per maand op hul beleggings beloof.
‘n Vennoot van een van die stad se voorste ouditeursfirmas wat verkies om anoniem te bly sê daar is verskeie maniere om te bepaal of skemas betroubaar is. “Wanneer ‘n belegginsmaatskappy jou meer rente as ‘n kommersiële bank bied, moet jy begin vrae vra. Die maatskappy moet by die FDR geregistreer wees. Win raad by betroubare ouditeursfirmas of beleggingkenners in voordat jy geld belê. Doen navorsing oor die maatskappy en kry ander mense se menings daaroor,” sê hy.
Bekende beleggingkenner, DW Schoeman, het die belangrikheid daarvan dat ‘n maatskap­py geregistreer moet wees, beklemtoon. “Die grootste pro­bleem is dat mense nie altyd na raad en advies van kenners luister nie en hulle blindstaar teen die belaglike rente­koerse. Baie maatskappy soos Choice Lifestyle speel op mense se gevoelens
deur Christelike waardes aan te voer. Daar is geen belegginsproduk wat 15% opbrengs per maand kan lewer nie. Die standaardrentekoers is ongeveer 5% per maand. Enigiets meer as dit is buitensporig en waarskynlik te goed om waar te wees. Enige instansie wat nie by die raad geregistreer is nie, is moontlik onwettig,” sê Schoeman.
Polokwane Observer het in Augustus reeds terugvoering van die FDR se spesialis-annalis, Constance Dibakwane ontvang wat bevestig het dat Choice Lifestyle nie by dié instansie registreer is nie.
Die publikasie het destyds verskeie pogings aangewend om met adjunkdirekteur, Wouter Botha wat volgens inligting die skema vanaf ‘n huis in Meteorstraat in Bendor bedryf, te kommunikeer, maar was onsuksesvol.
Selfs ‘n besoek aan die perseel het geen vrugte afgewerp nie nadat Botha geweier het om Polokwane Observer te woord te staan en aangedring het dat ‘n afspraak gemaak moet word.
Daarna kon hy nie telefonies bereik word om die afspraak te maak nie en het ook nie op e-posse gereageer nie.
Die FDR het beleggers aanbeveel om enige persoon of instansie se registrasie by die raad te bevestig deur 0800 110 443 te skakel of hul webwerf by www.fsb.co.za te besoek.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button