Bosveld NewsNews

Inbraak by Realnet Mokopane

Die bekende eiendomsagentskap, Realnet, het Donderdagoggend, 2 November onder die lang vingers van inbrekers deurgeloop.

MOKOAPNE – Die eienaar, Esther van der Merwe, het die kantore in wanorde gevind.

Dit is egter die tweede keer dat rowers in ‘n tydstip van 18 maande by die agentskap toeslaan.

“Ek wil huiseienaars, besighede en huurders waarsku om hulle sekuriteit op te skerp. Bestee eerder ‘n ekstra paar rand meer as om sulke groot skade te ly. Dit is die tydperk van die jaar wat inbrake en rooftogte toeneem.” vertel sy.

Volgens van der Merwe, het hulle baie inligting verloor en versoek dat kliënte verbonde aan hulle agentskap hulle so gou as moontlik kontak.

Die polisie is hiervan in kennis gestel en die forensiese eenheid is tans besig met ondersoek. Vir die volledige berig, lees gerus Bosveld se uitgawe op Donderdag, 9 November.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button