Local NewsNews

Dawie Groenewald gearresteer, ondersoek na sy geldsake wag

Die lasbrief vir die arrestasie van berugte Dawie Groenewald wat reeds op 9 Oktober gemagtig is, is Dinsdagoggend uitgevoer toe hy gearresteer is en in die plaaslike landdroshof verskyn het. Die saak is tot November uitgestel wanneer hy op ‘n klag van minagting van die hof, wat spruit uit sy versuim om ‘n ondersoek na …

Die lasbrief vir die arrestasie van berugte Dawie Groenewald wat reeds op 9 Oktober gemagtig is, is Dinsdagoggend uitgevoer toe hy gearresteer is en in die plaaslike landdroshof verskyn het.
Die saak is tot November uitgestel wanneer hy op ‘n klag van minagting van die hof, wat spruit uit sy versuim om ‘n ondersoek na sy finansiële posisie by te woon, moet antwoord. Die betrokke ondersoek sal dieselfde dag in camera plaasvind. Hy is op waarskuwing vrygelaat.
Die ondersoek volg nadat Groenewald in gebreke gebly het om ‘n bedrag van bykans R1 miljoen, wat hy ingevolge ‘n bevel van die Limpopo hooggeregshof aan ‘n skuldeiser verskuldig is, te betaal. Die bedrag sluit rente en koste in.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button