NewsSchools

Cara en Ayden help kinders in krisistye

Die finaliste van die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie het die afgelope paar weke hard gewerk om die kroningsgeleentheid, wat vanaand (Donderdag) plaasvind, perfek af te rond. Twee finaliste, Cara Beukes en Ayden Jordaan, het hart en siel in hul gemeenskapsprojek gestort. Hul werk saam met die graad 6-Osies en Deo Volente, ‘n krisissentrum wat deur …

Die finaliste van die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie het die afgelope paar weke hard gewerk om die kroningsgeleentheid, wat vanaand (Donderdag) plaasvind, perfek af te rond.
Twee finaliste, Cara Beukes en Ayden Jordaan, het hart en siel in hul gemeenskapsprojek gestort. Hul werk saam met die graad 6-Osies en Deo Volente, ‘n krisissentrum wat deur die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging bestuur word, is as hul uitreikaksie aangewys.
Volgens skoolhoof, Gideon Pelzer, is Mnr en Mej Oosskool se finaliste in pare saam met ‘n
spesifieke graadgroep verdeel wat by ‘n liefdadigheidsorganisasie betrokke is. Tydens die finale ronde en kroningsaand moet hul dan verslag oor hul projekte doen.
Deo Volente is in 2008 gestig en dien as tydelike plek van veiligheid vir kinders wat in nood verkeer en spesifieke sorg nodig het of kinders wat uit hul ouerhuise verwyder is terwyl hofprosesse en pleegsorgplasing afgehandel word.
Omdat Deo Volente ‘n tydelike hawe is, het Cara en Ayden eerder daarop gefokus om die kinders se omgewing te verbeter. Met die hulp van die graad 6-leerders kon hulle onder meer ‘n nuwe mikrogolf­oond, tafeltennisstel, trampolien, tafeldoeke, ‘n spaarwiel vir die sentrum se voertuig en kompos vir die tuin voorsien, en het ook die dak laat herstel.
Die twee finaliste sê hul betrokkenheid by Deo Volente het hulle baie dankbaar gemaak vir wat hulle het.
“Dit het ons ook laat besef dat ons minderbevoorregte kinders moet help waar ons kan en die publiek wil aanmoedig om die sentrum te ondersteun.”
Mark Markgraaff, voorsitter
van Polokwane Kinder- en Ge­sinsorgvereniging, sê mense wat wil help, kan die vereniging by 015 297 3326 skakel en met ‘n maatskaplike werker praat.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Die graad 6-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos help Ayden Jordaan en Cara Beukes om na Deo Volente, ‘n krisissentrum uit te reik.

Related Articles

Back to top button