Local NewsNews

BREAKING NEWS – Limpopo-inwoners ruk op teen plaasmoorde

Boere, gemeenskappe en selfs leerders van die provinsie het vanoggend (Maandag) as deel van ‘n nasionale protes teen plaasmoorde op die N1-suid buite die stad bymekaargekom om bewusmaking oor dié kommerwekkende misdaad te skep. Een van die organiseerders, James van den Bergh, sê die doel is nie net om bewusmaking te skep nie, maar ook …

Boere, gemeenskappe en selfs leerders van die provinsie het vanoggend (Maandag) as deel van ‘n nasionale protes teen plaasmoorde op die N1-suid buite die stad bymekaargekom om bewusmaking oor dié kommerwekkende misdaad te skep.
Een van die organiseerders, James van den Bergh, sê die doel is nie net om bewusmaking te skep nie, maar ook om te rou oor boere wat reeds tydens ‘n plaasaanval gesterf het. “Ons is moeg daarvoor dat boere, maar ook ander mense, koelbloedig vermoor word. Ons is bly oor die groot opkoms. Die groep bestaan nie net uit boere nie, maar ook inwoners van verskeie dorpe wat die inisiatief ondersteun,” sê Van den Bergh.
Die groep het in ‘n konvooi deur die middestad na verskeie bestemmings gery. Kruise en plakkate het die optog deur die strate gekenmerk. Van den Bergh sê daar is vreedsame optogte regoor die provinsie in onder andere Lephalale en Settlers gehou.
Selfs leerders van Pietersburg Laerskool en Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane het aan die inisiatief deelgeneem. Suidskool-leerders het vandag swart T-hemde aan en ‘n gebed is ook vir boere by dié skool gedoen.
Lees die volledige storie in Donderdag se drukuitgawe.

Storie & foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

In protes teen plaasmoorde het verskeie boere en gemeenskapslede in ‘n konvooi deur die stad se strate gery.

Related Articles

 
Back to top button