Local NewsNews

Hof beslis lyfstraf is taboe, nou wat nou?

Die Hooggeregshof in Johannesburg het onlangs bevind dat volwassenes nie meer hulle kinders in gesinsverband met lyfstraf mag tug nie.

MOKOPANE – In Spreuke 20:15 lees ons: “‘n Pakslae en ‘n teregwysing bring wysheid; ‘n Kind wat sonder dissipline grootword steek sy Moeder in die skande”. Maar nou is daar verlede Donderdag in die Hooggeregshof in Johannesburg bevind dat volwassenes nie meer hulle kinders in gesinsverband met lyfstraf mag tug nie.

Hierdie uitspraak van regter Raylene Keighley het talle inwoners vandeesweek aan die praat. Sy het verder bevind dat lyfstraf op grond van geloofsoortuigings ook nie geregverdig kan word nie.

Dissipline bied sekuriteit en moet sorg vir ‘n goeie selfbeeld. Kommunikasie is die goue woord, meen die kenners wat met alternatiewe maniere van straf vorendag kom, om ouers te help. Bosveld het by ‘n paar kenners en ouers gaan aanklop om te hoor hoe hulle oor lyfstraf voel.

Estie Boltman, ‘n privaat praktiserende maatskaplike werker, meen indien pakslae ‘n ouer se enigste vorm van dissipline was, kan ‘n ouer dalk ontmagtig en hoogsbenoud voel deur die nuwe wetgewing wat lyfstraf ongrondwetlik verklaar. “Ongelukkig is diĆ© wetgewing die gevolg van lyfstraf wat in die verlede verkeerdelik toegepas is en baie skade aan kinders aangerig het. Die feit van die saak is die wetgewing het verander en ons as ouers sal daarby moet aanpas ongeag ons persoonlike oortuiging oor pakslae.”

Estie meen ouers kan steeds hulle kinders effektief dissiplineer sonder om lyfstraf toe te pas. “Ons as ouers sal meer kreatief oor strawwe moet begin dink en is dit regtig moontlik om verder as ‘n pakslae te dink. Wat belangrik is, is om te onthou dat regstelling (straf) slegs een aspek van dissipline is.

“Ouers kry dikwels die verkeerde idee dat as hulle ‘n manier (soos pakslae) kan vind om te dissiplineer dit alle probleme sal oplos.

“Dit is ongelukkig nie waar nie.” Estie sĆŖ lyfstraf was slegs ‘n element in die groter proses. Dit is nie die doel nie, maar ‘n middel tot die groter doel. “Meeste ouers dink net aan straf (tugtiging) as hulle aan dissiplinering dink, maar dissipline is die proses van opleiding en lering wat morele ontwikkeling ten doel het. Dit beteken dat jy as ouer baie tyd moet spandeer om jou kind te leer wat die regte optrede is en nooit enige vorm van wangedrag moet oorsien nie.

“Jy straf dit nie noodwendig nie, maar jy spreek dit aan. Ons doel met dissipline is dat die kind innerlik groei, persoonlike verantwoordelikheid aanvaar en selfbeheer ontwikkel. Dit is ‘n morele ontwikkeling wat uiteindelik lei tot die vorming van ‘n Christelike karakter in die kind.”

Daar is bevind dat ouers wat konsekwent is in hulle pogings om ware Bybelse dissipline vas te lĆŖ (opleiding en lering), baie minder pak of straf hoef uit te deel as ander ouers.

Die groot geheim is egter om konsekwent te wees.

Ongelukkig is die onderwerp van dissipline nie iets wat net in ‘n paar woorde gesĆŖ kan word nie en beveel ek ouers aan om aan te klop vir hulp indien hulle sukkel.

Dink voor jy pakgee. Lyfstraf is nou taboe. Foto: Internet illustrasie

‘n Paar idees rondom ander vorme van dissipine:

ā€¢ Laat dissipline so dikwels moontlik met korrekte optrede deur die kind eindig, eerder as net met straf omdat korreksie die kind leer hoe om in die toekoms op te tree, terwyl straf die kind net leer om nie die wangedrag te herhaal nie. (Hettie Brittz – Kweek Dissipline met Deernis).

ā€¢ Die wegneem van voorregte – Selfone, sakgeld, kuier by maats.

ā€¢ Logiese gevolge: Die gevolg wat die ouer toepas moet logies geassosieer word met die verkeerde daad.

As die kind sy fiets buite gelos het is die logiese gevolg dat hy die voorreg om verder met die fiets te ry vir ‘n sekere tydperk verloor.

ā€¢ Afsondering (time out) – Wanneer ‘n ouer ‘n kind in sy kamer afsonder, moet hy nie toegelaat word om te speel nie, maar moet hy sy dade oordink.

Enige dissiplinĆŖre vorm is slegs effektief as dit reg gebruik word en oneffektief as dit misbruik word.

‘n Boek wat Estie aanbeveel vir ouers is Kweek Dissipline met Deernis van Hettie Brittz.

Eulogia de Wet, maatskaplike werker van die Mokopane Noodforum.

Eulogia de Wet, maatskaplike werker van die Mokopane Noodforum: “Pakslae as ‘n tugmiddel word deur die wet verbied. Ons sit met vele sake van rebelsheid ongedissiplineerde kinders, kinders wat geen respek toon vir grootmense en selfs volwassenes wat nie eens meer respek vir mekaar het nie.

“Ons sit met ‘n stukkende samelewing en ons kinders is diegene wat die ergste daaronder ly want hulle het nie gevra om in hierdie lewe ingebring te word nie.

“Ek en my twee broers is met ‘n pakslae op sy tyd grootgemaak en al moet ek dit self sĆŖ het ons heel respekvolle volwassenes uitgedraai, met respek vir onsself, ons ouers, ons medemens en die owerheid. Ons het ons ouers gerespekteer en was baie lief vir hulle en hulle vir ons. Ek en my man het ons kinders ook so grootgemaak en vandag lag ons saam oor die paar kere in hulle lewe wat hulle wel ‘n pakslae nodig gehad het. Ons is trots op die volwassenes wat hulle vandag is, hulle het wonderlike gesinsverhoudinge en is baie lief vir mekaar.

“Ek praat van pakslae, nie aanranding nie, daar is ‘n groot verskil en alle kinders kan ook nie op dieselfde manier getug word nie omdat elke kind ‘n individu op sy eie is en dus verskillend reageer op tugmetodes. Vir elke kind is dit nodig om te weet dat daar riglyne en reĆ«ls is waarbinne elke persoon moet lewe en wanneer hierdie reĆ«ls verbreek word, is daar gevolge wat gedra moet word. Ons kinders moet kan onderskei tussen wat reg is en wat verkeerd is. Soms is ‘n pakslae die regte afskrikmiddel om nie weer te fouteer nie, maar helaas dit is nou teen die wet.”

Peet Venter, Leraar van die N.G. Gemeente Piet Potgietersrust gesels in sy persoonlike hoedanigheid. Hy het sy kinders toe hulle kleiner was op die ou manier grootgemaak. “Ek het pakgegee, maar ‘n mens kom by die punt waar die dogters nou groot is en pakgee is nie gewens nie. ‘n Mens moet jou kinders eerder so grootmaak dat jy gesag afdwing. Daar is ander maniere as om seer te maak. Dit sluit aan by die kerk se groter manier van hoe om nie-luister en moedswilligheid te hanteer.

Die kerklike opsig en tug gaan altyd gepaard met liefde. Dit gaan oor ‘n liefdevolle teregwysing om gedrag te verander met die doel om die persoon nader na jou te trek en die regte pad te laat volg. Mense moet oppas vir aanranding want dan is dit eerder ‘n voorstaander van die nuwe wet.

“Ek onthou hoe dissipline destyds in die weermag ‘ingedrill’ is, maar daar is nie geslaan nie. Daar is dus van alternatiewe metodes gebruik gemaak. Tug jou kinders met liefde en dit beteken nie fisiese lyfstraf nie. Die geweldsketting van vloek, slaan en skop om als reg te maak moet gebreek word.”

Coba Beyneveldt, Waarnemende Adjunkhoof van HoĆ«rskool Piet Pogieter, wys dat daar verskeie strafmaatreĆ«ls is soos byvoorbeeld om ‘n kind te ontneem van sy selfoon. Sy meen ouers moet bewus wees dat kinders verskillend reageer op dissipline.

“Dissipline moet tuis ingestel word, skole dra kennis oor.

“Detensie op skool is slegs ‘n poging om ‘n kind tot verantwoording te roep en so word ook geleentheid geskep om werk op te vang onder toesig. Detensie is nie die eerste uitweg nie, die leerder moet eers ‘n reeks oortredings hĆŖ. Dit is ook nie effektief vir al die leerders nie.”

Beyneveldt meen kinders soek ‘n struktuur waarbinne hulle veilig kan wees. “Jy is nie jou kind se maat nie, maar sy ouer. Jou kind moet besef verantwoordelikheid is gelyk aan regte. Opvoeding bly ‘n uitdaging en kinders reageer nie dieselfde op lyfstraf nie. Begin deur ‘n voorbeeld te stel vir jou kind. Praat openlik met hom/haar en sorg dat hy/sy ingelig is. Ons moet ons kinders vandag ‘streetwise’ grootmaak.”

AriĆ«tha Truter is die ma van twee woelwater-kleuters, Marnus (6) en MarnĆ© (3). Sy meen ‘n pakslae op sy tyd kan nie skade doen nie. “Ek het twee uiteenlopende kinders. Soos alle kinders, toets hulle ook die grense en dan moet ‘n mens hulle tug. ‘n Pakslae vir MarnĆ© is nie noodwendig altyd effektief nie. Sy het ‘n ander persoonlikheid as haar broer en ‘n pakgee skrik haar nie af nie. In die hoekie gaan sit werk ook nie met alle kinders nie. Ouerskap het beslis sy uitdagings.”

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

 
Back to top button