Local NewsNews

Agri SA landbouleier maak geskiedenis

'n Bestuurslid van Agri Limpopo, dr Theo de Jager, het geskiedenis gemaak toe hy op 18 Oktober erelidmaatskap van die Russiese Nasionale Landbou-unie (AKKOP), in Moskou, Rusland, ontvang het.

LIMPOPO -De Jager is vereer vir die deurslaggewende rol wat hy in die onderhandelinge oor internasionale handel tussen Rusland en die res van die wêreld gespeel het.

Dieselfde eer het hom net meer as ‘n jaar gelede te beurt geval, toe die Commercial Farmers Union (CFU) van Zimbabwe ook aan hom erelidmaatskap toegeken het. Die jongste erelidmaatskap volg kort nadat De Jager in Junie 2017 in Helsinki as president van die Wêreld Landbou Organisasie verkies is, wat opsigself ‘n groot prestasie vir enige landbouleier is.Volgens die president van Agri Limpopo, Leon Borcherds, behoort elke landbouer in Suid Afrika trots te wees op De Jager.

“Agri Limpopo se bestuur en lede wens Theo hartlik geluk met hierdie blyk van waardering wat deur die Russiese landbou-unie aan hom toegeken is, by wyse van erelidmaatskap. Ons is trots op die prestasies wat hierdie landbouer uit Georges Valley in Limpopo, die een na die ander inryg. Dit is ‘n voorreg om hom as bestuurslid te hê. Theo voeg waarde toe oral waar hy betrokke is, daarvan kan ons in Limpopo getuig,” het Borcherds gesê.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button