NewsSchools

VIDEO: Maak daardie sitplekgordel vas!

Tydens 'n besoek aan Akademie Reformia in die stad het Ruka die Brandweerman hulle meer oor die belangrikheid van sitplekgordels vertel en hoe dit 'n lewe kan red.

POLOKWANE – “Dit is altyd belangrik om jou sitplekgordel te dra wanneer jy in die kar is. ‘n Sitplekgordel kan help om jou veilig te hou in die geval van ‘n ongeluk; dit kan verhoed dat jy deur die ruit geslinger word wanneer die kar skielik tot stilstand kom of rol,” het hy verduidelik.

Hy het hulle aangemoedig om hulle ouers altyd te herinner om hulle sitplekgordels te dra omdat dit hulle lewens kan red.

“‘n Mens moet ook nie op jou selfoon praat wanneer jy bestuur nie en dit is belangrik dat die passasiers nie die bestuurder se aandag aftrek nie.”

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

 
Back to top button