Local NewsNews

Onwettige bouery voor Mokopane skool stop gesit

Die onwettige oprigting van 'n vermoedelike snoepie regoor Mokopane Primary School in Hoogestraat is vinnig stopgesit.

MOKOPANE – Bosveld het voorverlede Sondag op die bouery afgekom maar daar was niemand in sig nie. Volgens Ockert Groenewald, Skoolhoof van Mokopane Primary vermoed hy dit is dieselfde persoon wat vroeër in die jaar by hom toestemming wou kry vir die oprigting van ‘n snoepie op die voorskool se gronde.

“Ek kan nie toestemming gee vir so ‘n versoek nie, die gronde behoort nie aan die Departement van Onderwys nie.”

Volgens Groenewald het Amy van Deventer, Adjunkhoof, Sondagoggend gesien die bouers is terug met sinkplate en vir Groenewald ingelig. Groenewald sê: “Die verkeersafdeling was spoedig op die toneel en het die mense verwyder, die grond behoort aan die Departement van Openbare Werke.”

Die Bestuurder van die Departement van Openbare Werke, Maria Chokoe, sê die persoon wat werk met bou-aansoeke is ongelukkig met verlof en sal eers oor twee weke kan bevestig of daar enige goedkeuring vir ontwikkeling op die grond is.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button