Local NewsNews

Polisieman glo deur verdagte doodgesteek

‘n Klag van moord is by die klagstaat in ‘n saak teen ‘n 30-jarige beskuldigde gevoeg nadat hy Sondag glo ‘n polisiebeampte tydens sy arrestasie met ‘n mes gesteek het. Die polisieman het later aan sy wonde beswyk. Die aangeklaagde sou na verwagting Dinsdag in die Makhado landdroshof op aanklagte van moord, aanrading met die …

‘n Klag van moord is by die klagstaat in ‘n saak teen ‘n 30-jarige beskuldigde gevoeg nadat hy Sondag glo ‘n polisiebeampte tydens sy arrestasie met ‘n mes gesteek het. Die polisieman het later aan sy wonde beswyk. Die aangeklaagde sou na verwagting Dinsdag in die Makhado landdroshof op aanklagte van moord, aanrading met die doel om ernstig te beseer asook diefstal vanuit ‘n motorvoertuig verskyn het.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die man was op die polisie se lys van gesoekte misdadigers en leidrade het die polisie tot by ‘n huis in Louis Trichardt gelei.
Die oorledene, Andrew Mudau, was verbonde aan die Makhado speurtak en deel van die ondersoekspan. Die verdagte het glo geweldadig geraak toe polisiebeamptes hom wou arresteer en ‘n mes uitgepluk. Mudau is in die proses gesteek en het later in die hospitaal gesterf, volgens Ngoepe. Die polisie kon wel daarin slaag om die verdagte te arresteer.
Die provinsiale polisiekommissaris, Nneke Le­dwaba, het die voorval ten sterkste veroordeel.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button