Local NewsNews

Haar wêreld vasgevang in digbundelblaaie

In haar woorde lê haar passie en al haar lewenservaringe opgesluit op papier.

MOKOPANE – Sophia Lessing, skrywer van Sterkrivier het in ‘n onderhoud aan Bosveld gesê haar passie vir woorde en skryf kom al van haar kinderdae af. “My pa het vir ons die mooiste denkbeeldige wêrelde geskep met woorde en stories. Eintlik kom loop die talent vir skryf deur die voorgeslagte van die Lessings. Daar is ‘n Lessing dorp en museum in Duitsland wat baie bekende skrywers vereer. Die baie bekende dramaturg en omroeper Evert Snyman wat September 2015 oorlede is,was my kleinneef gewees.”

Lessing sê: “Alhoewel ek al op jong ouderdom begin skryf het, het ek eers agt jaar terug begin om my digkuns op sosiale media te plaas. ‘n Dokter van die Kaap het my werk gesien en my eerste digbundel geborg. In my digbundel ‘AL- Alfabet’ kombineer ek verhale en gedigte met mekaar en die ontvangs van die publiek was baie positief. Die digbundel gaan oor God is die middelpunt in my lewe.”

Volgens Lessing het die lewe draaie met haar geloop en die afsterwe van haar broer het ook ‘n groot impak op haar lewe gehad en het sy vir ‘n tydperk nie geskryf nie. “Ek het eers weer die jaar besluit om my tweede digbundel aan te pak. ‘Blare van papier’ is in Junie uitgegee en weerspieël haar liefde vir die natuur en die draaie van haar lewenspad. Soos dit verwoord is in ‘n uitreksel uit haar boek, “Blare van my lewe, warrel weg met jare, word stadigaan verslete, ‘n ou verweerde boek.”

Lessing sê sy is ‘n realis en skryf glad nie fiksie nie. “Ek skryf gedigte uit gevoel uit en oor vyf gendres liefde, natuur, geestelik en soms diep emosionele ervarings. Ek het my eerste boek bekendstelling op 28 Oktober om 10:00 by Creadores koffiewinkel en belangstellendes kan Carike Jordaan kontak 072 319 7391.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button