Local NewsNews

Kinderpartytjietyd by Toktokkie Diereplaas

n Onstpanne atmosfeer met swane, eende, donkies, bokke, beeste en varke verwelkom jou by Toktokkie Diereplaas en Speelgrond met 'n paar loslopende hoenders wat die plaasatmosfeer afrond.

POLOKWANE – Carmen Bezuidenhout is die eienaar van Toktokkie en vertel dat dit die ideale plek is vir ouers om ‘n verjaarsdagpartytjie vir die woelige jongspan te hou.

“Ons woon op ‘n kleinhoewe net buite die stad en vriende en familie hou gereeld hul verjaarsdagpartytjies hier by ons. Dit het my die inspirasie gegee om die grond te ontwikkel na ‘n diereplaas en speelgrond aangesien ek self die ma is van twee woelwaters. Ek wil ander kinders die geleentheid bied om die plaaslewe te ervaar en weer kind te wees soos wat ons jare terug ook was. Die inspirasie vir die naam Toktokkie kom daarvan dat ek wil hê die kinders moet weer kan speletjies speel soos in die ou dae en as huldeblyk vir my skoonpa wat se naam Tok was,” vertel sy.

Hierdie Saterdag, 21 Oktober hou Carmen ‘n opedag vir Toktokkie vanaf 08:00 tot 17:00 en almal is welkom om te kom inloer.

“Ons beoog om ook kinderpartytjies, jeuggroepe, kleuterskoolafsluitings en babatees hier te hou. Dagbesoekers is ook welkom om hier te kom kuier en braai saam met vriende.

“Om ‘n braai-afdak te huur kos R500 plus ‘n verdere R40 per kind en R30 per volwassene. Kinders jonger as twee jaar kan gratis kom.”

Toktokkie Diereplaas en Speelgrond is geleë te Plot 9, Geluk. “Wanneer jy by die sirkel op die R71 afdraai om na Myngenoegen toe te gaan, draai jy weer by die eerste pad links. Sowat 800 m verder aan die linkerkant, is ons ingang.”

maretha@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button