NewsSchools

Pieties vir sport-, kultuurprestasies beloon

Leerders wat deur die jaar aan kultuur- en sportaktiwiteite deelgeneem het, is vir hul harde werk bedank en uitblinkers is met erekleure, sertifikate en trofeë beloon tydens Hoërskool Pietersburg (PHS) se prysuitdeling. Sportprysuitdeling: ‘n Totaal van 528 sertifikate vir deelname en verdienstelikheid is aan die sportspanne oorhandig terwyl sommige individue erekleure of trofeë as uitstaande …

Leerders wat deur die jaar aan kultuur- en sportaktiwiteite deelgeneem het, is vir hul harde werk bedank en uitblinkers is met erekleure, sertifikate en trofeë beloon tydens Hoërskool Pietersburg (PHS) se prysuitdeling.
Sportprysuitdeling:
‘n Totaal van 528 sertifikate vir deelname en verdienstelikheid is aan die sportspanne oorhandig terwyl sommige individue erekleure of trofeë as uitstaande presteerders ontvang het.
Kultuurprysuitdeling:
Meer as 400 sertifikate is tydens die kultuurprysuitdeling aan leerders toegeken.
Dié wat uitnemend presteer het, het ere­kleure ontvang en leerders is vir onder meer vir hul deelname en prestasie in redenaars, debat, ekspo’s, English storytelling en olimpiades vereer. Kultuurorganiseerder, Magda Thiart sê kultuur het ‘n spogaktiwiteit by die skool geword en het al die deelnemende leerders vir hul harde werk bedank.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

PHS se beste eersterugbyspanvoorspeler is Lohan Duvenhage.
Beste netbaldoel, alle ouderdomme, is Simoné Landsberg.
Daniel Swarts ontvang erekleure vir veelsydigheid en vyf jaar se volgehoue prestasie op verskeie terreine.
Beste eerstehokkiespanagterspeler, Joharina Briers en beste -voorspeler, Antoné Weideman.
Louis Nel is die beste eerstehokkiespanvoorspeler en Jos Fouché die beste -agterspeler.
Jena Taylor ontvang ‘n prestasiebalkie as provinsiale Rotary Junior Ambassadors Competition (Rojac)-wenner.
Mees toegewyde luggeweerskut, Klaurese Ohlenschlager, Presisieskut van die Jaar, Gustav Kamfer en beste vordering, Inge Gerber.
Zané Pelzer, Alessia Malan, Nicole Basson en Kamogelo Shokane verwerf prestasiebalkies nadat hulle deurgedring het na die finaal van die ATKV-Radikale Engelse Redenaars.
Alida du Preez, Wian Haasbroek en Sarisa van der Goot spog met erekleure nadat hulle na die nasionale ronde van die ATKV Redenaarskompetisie deurgedring het. Wian het landwyd vyfde geëindig.
Beste meisiefietsryer, Amilia Goosen, beste opkomende fietsryer, Jacobus de Klerk Roos en beste seunsfietsryer, Bjorn Nel.
Die beste meisiestennisspeler is Selma Müller, die beste seunspeler, Christiaan Vercuiel en die tennisspeler wat die beste vordering gemaak het, is Louise van den Berg.
Theresa van Staden en Karisma Landman deel die trofee vir beste algehele skouspringers in ruiterkuns.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button