Local NewsNews

Kultuuraand behoorlik gevier

Verskeie plaaslike kunstenaars het verlede Dinsdagaand by Dameskring Eerstegoud se kultuuraand in Polokwane opgetree. Ensemble Esprit kamerkoor was eerste aan die beurt met ‘n verskeidenheid liedere wat Duitse en Russiese volksliedere ingesluit het. Louis van Wyk, ‘n plaaslike onderwyser met ‘n voorliefde vir drama, het die gehoor daarna met twee monoloë vermaak. Rudolph Pretorius se …

Verskeie plaaslike kunstenaars het verlede Dinsdagaand by Dameskring Eerstegoud se kultuuraand in Polokwane opgetree.
Ensemble Esprit kamerkoor was eerste aan die beurt met ‘n verskeidenheid liedere wat Duitse en Russiese volksliedere ingesluit het.
Louis van Wyk, ‘n plaaslike onderwyser met ‘n voorliefde vir drama, het die gehoor daarna met twee monoloë vermaak.
Rudolph Pretorius se strelende basstem was ‘n hoogtepunt van die aand. Hy het in die verlede saam met bekende Suid-Afrikaanse sangers soos Anneli van Rooyen opgetree en is ‘n groot gees in Polokwane-musiekkringe.
Die talentvolle tweelingbroers, Martin en Janus van der Westhuizen is veelsydige musikante wat lede van die gehoor met pragtige vertolkings beïndruk het.
Die aand is met ‘n ligte ete afgesluit.

Storie: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Roedolph Pretorius sing ‘n Don Williams-liedjie.
Tweelingbroers Martin en Janus van der Westhuizen roer die hartsnare.
Plaaslike onderwyser, Louis van Wyk lewer ‘n monoloog.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button