Local NewsNews

Groep ‘misdaadbevegters’ bots met gereg

‘n Groep persone met sambokke gewapen wat die middestad gereeld patrolleer en misdadigers ‘n les of twee wil leer, het Dinsdag hul moses by die Polokwane polisiestasie teëgekom toe hulle met sambokke by ‘n vergadering opgedaag het en een summier gearresteer is. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe, sê verskeie sake van aanranding wat dié groep sogenaamde …

‘n Groep persone met sambokke gewapen wat die middestad gereeld patrolleer en misdadigers ‘n les of twee wil leer, het Dinsdag hul moses by die Polokwane polisiestasie teëgekom toe hulle met sambokke by ‘n vergadering opgedaag het en een summier gearresteer is.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe, sê verskeie sake van aanranding wat dié groep sogenaamde misdaadbevegters behels, is onlangs by die polisie aanhangig gemaak en rolspelers van die polisie en die Polokwane Munisipaliteit het besluit om ‘n vergadering met hulle te belê. Ngoepe sê verskeie lede van dié groep is al in die verlede op aanrandingsklagte gearresteer.
“Hulle het Dinsdag met sambokke by die vergadering by die Polokwane polisiestasie opgedaag, maar is onmiddellik ontwapen. Een van die mans is summier gearresteer in verband met boendoe­geweld en sal van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aangekla word,” sê hy.
Ngoepe sê die polisie verwelkom enige vorm van hulp wanneer dit by misdaadbekamping kom, maar dat mense binne die grense van die wet moet optree. “Daar is wettige strukture soos die GPF en straatkomitees waarby die gemeenskap kan aansluit.”
Polokwane GPF-voorsitter, Dawid Botes het dadelik die groep by dié formele strukture betrek sodat hulle die polisie binne ‘n wettige raamwerk kan ondersteun, volgens Ngoepe.
Hy het gemeenskappe gemaan om enige onwettige aksie wat met misdaadvoorkoming of -bevegting verband hou dadelik by die polisie aan te meld. Stasiebevelvoerder, Gift Makhubela, of gebiedsbevelvoerder, Sam Mokgonyane, kan by 082 778 7267 of 082 822 8332 geskakel word.

Story: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button