Local NewsNews

Calie sterk tans aan na beenmurgoorplanting

Calie van der Walt, wat in 2012 met Mielodisplastiese Sindroom (MDS) gediagnoseer is, is nou kankervry.

POLOKWANE – “My liggaam herstel nog, en ek is vatbaar vir alle siektes, selfs kindersiektes. Ek is reeds vanaf einde April weer terug in Polokwane.

“Ek moet ook elke drie maande gaan vir opvolgtoetse. Hierdie is ‘n ervaring wat ek nooit oor wil hĂª nie,” sĂª hy.

MDS is ‘n siekte wat met die verlaagde produksie van bloedselle geassioseer is. Die beenmurg funksioneer nie meer soos dit moet nie en weens dit, ontwikkel die lyer ernstige bloedarmoede. Dit is ‘n voorloper van Leukemie.

Calie, ‘n ingenieursgrafika en -ontwerponderwyser by HoĂ«r Tegniese Skool Tom NaudĂ©, het in 2014 ‘n skenker van Duitsland gekry en die skenkingsproses is in Desember begin.

Dokters het egter in Augustus 2016 onraad vermoed, nadat sy bloedtelling geleidelik begin afneem het.

Danksy navorsing wat deur verskeie Amerikaanse navorsers onderneem is, het hulle uitgevind dat sy nasate moontlike skenkers kan wees.

Al drie sy kinders is onmiddellik getoets en André, sy jongste kind, is as die geskikte skenker aangewys.

André het gedurende die behandelingsfase ongeveer 33 buisies bloed getrek.

“Ek het in Januarie begin met die behandeling. Die behandeling het behels dat ek elke ses ure drie inspuitings moes kry. My stamselproduksie het verhoog en in my bloed afgeskei. Op 18 Januarie is die stamselle geoes en op 19 Januarie is dit in my pa se liggaam teruggeplant.

“My pa het meer as twee miljoen stamselle per eenheidsgewig nodig gehad, ek het ongeveer ses miljoen geproduseer,” vertel AndrĂ©.

Calie is na die oorplanting in afsondering gehou om om sy immuunstelsel sterker te maak.

“Na die oorplanting moes ek vir ses weke in ‘n geĂ¯soleerde eenheid bly. Ons moes maskers dra en ons lywe, asook die omgewing, steriliseer,” vertel hy.

Hy is nou kankervry en sy liggaam produseer nou self rooi- en witbloedliggaampies.

“Ek het geleer dat ‘n mens nie net op dokters kan staatmaak nie, hulle is ook net mense. Met die hulp van Goddelike krag kon ons dit deurmaak,” sĂª hy in verligting.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button