Local NewsNews

Tuiskoms Shelter – veilige hawe

Myngenoegen Shelter wat vroeër vanjaar na die Leeuwkuil-hoewes verskuif het, sal voortaan as Tuis­koms Shelter bekend staan. “Ons is baie opgewonde oor die nuwe naam wat werklik vir elke inwoner sonder heenkome ‘n tuiste of nuwe tuiskoms bied,” sê Christa van Tonder, shelterdirekteur. Die gemeenskap word uitgenooi om op 18 November die opedag van 10:00 …

Myngenoegen Shelter wat vroeër vanjaar na die Leeuwkuil-hoewes verskuif het, sal voortaan as Tuis­koms Shelter bekend staan.
“Ons is baie opgewonde oor die nuwe naam wat werklik vir elke inwoner sonder heenkome ‘n tuiste of nuwe tuiskoms bied,” sê Christa van Tonder, shelterdirekteur.
Die gemeenskap word uitgenooi om op 18 November die opedag van 10:00 tot 15:00 by te woon en eerstehands die opknappings en uitbreidings te sien wat met behulp van donateurs en borge gedoen is.
Die ingangsfooi vir die opedag is enige kontantdonasie wat in die rekening betaal kan word, blikkieskos of enige ander nie­bederfbare produkte. Potjiekos en stampmielies sal verskaf word. Persone wat die opedag wil bywoon (Leeuwkuilhoewe 32), moet asseblief telefonies of per e-pos voor of op 15 November by Van Tonder by 083 302 4313 of martello@mweb.co.za bevestig.
“Die bou van ‘n ablusieblok is tans ‘n prioriteit omdat die shelter toenemend navrae vir nog huisvesting het. Gesinne, enkelma’s en -pa’s soek blyplek vir hulle en hulle kinders. Dit is egter ‘n duur projek wat ongeveer R40 000 sonder stene kos. Data Inn het R500 geskenk, maar ons het nog baie donasies en skenkings nodig om die droom ‘n werklikheid te maak,” sê Van Tonder.
Bankbesonderhede:
Myngenoegen Shelter
Absa Spaarrekening
Takkode: 632005
Rekeningnommer:
927 566 7290

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Related Articles

Back to top button