Ramkat reg vir Mokopane se paaie

Ford EcoSport - Bosveld toets die nutswawaters.

MOKOPANE – Ford was in die vorige eeu groot lof toegesê vir hul groot slap sedanne en hier in die moderne jare het kompakte buksie nutsvoertuie daardie leefstyl oorrompel in terme van gewildheid.

Hierdie Amerikaanse vervaardiger is vandag voor op die wa met hul EcoSport wat talle verkope maandeliks geniet. Bosveld toets die nutswawaters.

Onder die enjinkap

Hierdie turbogedrewe 1-liter enjin van die duurste model in die EcoSport reeks, die Titanium, het al ‘n menige toekenings ingepalm. Dié enjin lewer 92kW en ref graag as die drywer se regtervoet insink. Die motor vaar goed onder spanning.

Die 5-rat ratkas en die enjin komplementeer mekaar.

Ford het dit goedgedink om die EcoSport ‘n gemaklike en hanteerbare ryhoogte te gee. Sodoende vat dié nutsbrak die grondpad ook goed.

Binne afwerking

Ford het die binneruim so te sê net so gelig vanuit die immergewilde Fiesta luikrug waarop die EcoSport gebasseer is.

Die binneruim, soos met Bosveld se resensie van die Fiesta 1.4 Ambiente, beïndruk. Alle tegnologie van die Fiesta se klankstelsel kom ook voor in die EcoSport.

Die EcoSport is nie net van buite ‘n lus vir die oog nie, maar binne ook goed afgewerk.

Waarde vir geld

Hierdie Titanium model is goed gespesifiseerd vir onder R300 000. Dit het onder andere volle leersitplekke.

Ten slotte

Ford het ‘n katjie van die teer- en grondpad losgelaat.

Die kragtige enjin, lang lys van standaard-spesifikasies, gemaklike rit en goeie afwerking is ‘n saaklike aanbieding in die nutsspektrum.

Die EcoSport het met Bosveld se toetsirt gewys hy is ‘n bok vir sports.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version