Goeie feë sorg vir prinsesse

Met haar kunstige hande en mooimaak kwasse verander Lindsey York-Robberts die vaalste aspoestertjie in 'n prinses

MOKOPANE – Met haar kunstige hande en mooimaak kwasse verander sy die vaalste aspoestertjie in ‘n prinses. Lindsey York-Robberts het ‘n oop hand en hart wanneer die jaar einde se kant toe staan en die skole se matriekafskeide aanbreek.

Sy hou sedert verlede jaar ‘n Cinderella kompetisie op Facebook waar ‘n paar gelukkige wenners van kop tot tone uitgevat word vir hul matriekafskeid. Lindsey, eienaar van Sparkle Designs and Events, ontwerp self en laat maak reeds vir twee jaar rokke en pakke in Malaysia vir enige geleentheid. Met haar Cinderella kompetisie kry die Gr. 12s kans om ‘n spog uitrusting te wen en van kop tot tone te glinster.

Een van die Cinderella’s in haar pragtige rok. Haar metgesel se klere voltooi die prentjie.

“Verlede jaar het iemand my geskakel en gevra of ek nie ‘n meisie kan help met ‘n rok vir haar matriekafskeid nie. Ek het ingestem en op die ou end al die kostes gedra. Dis toe dat ek die behoefte raakgesien het en die kompetisie begin het.”

Vanjaar het vier Cinderella’s die pakket wat ‘n rok, skoene, naels, grimering, hare en fotosessie insluit, gewen. “Ek het al dié rokke van die wenners self gemaak en ontwerp.

Fraai getooi in haar rok.

Die duurste rok spog met baie kralewerk. Die rokke het sowat R4 000 gekos.”

Lindsey sê sy geniet haar werk en dit is heerlik om goeie teurgvoer te kry en al die dankies maak dit die moeite werd. Sy sê ook dat enigeen wat volgende jaar wil bydra tot die kompetisie welkom is om haar by 079 494 4418 te kontak.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version