Noue ontkoming, maar almal aan die herstel

Die bestuurder van 'n bakkie is uit haar voertuig geslinger en het op die teerpad te lande gekom in die hoofstraat tydens 'n ongeluk net na 17:00 Maandagaand.

MOKOPANE – Volgens Leatitia Drotsky het hulle in Geyserstraat ongeveer drie voertuie agter Lizaan Oeschger gestaan toe ‘n swaarvoertuig trok van Pretoria se kant regs in Geyserstraat in wou draai.

Een van die voertuie wat in die ongeluk betrokke was.

“Ek vermoed die swaarvoertuig kon nie draai omdat Oeschger met haar bakkie op die geelstrepe gestaan het.

“Oeschger het vermoedelik vorentoe gery om in die buitebaan te stop toe die voertuig van Pretoria se kant binne haar bakkie vasgery het.

“Ek het gesien hoe Oeschger se voertuig in die rondte tol en haar uitslinger, die ander voertuig het teen ‘n muur tot stilstand gekom,” hetDotsky gesê.

Volgens Drotsky was die nooddienste vinnig op die toneel om almal by te staan.

Lukas Manganye, die bestuurder van die ander voertuig, het gesê: “Ek kon niks doen nie en het te laat gesien toe die voertuig voor my inry.

“Ek het eers weer tot verhaal gekom toe my voertuig teen die muur tot stilstand gekom het. Twee van die mense wat saam met my agter op die bakkie was, is nie ernstig beseer nie.

“Ek het ‘n kopbesering opgedoen en sterk tans by die huis aan.

“Die passasier wat saam met my in die bakkie was, is nie ernstig beseer nie en sterk tans in die Polokwane Provinsiale Hospitaal aan.”

Suzette Hamilton wat Oeschger bygestaan het, sê sy is buite gevaar en sterk tans in die Limpopo Mediclinic aan.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version