NewsSchools

Stofwolke vol pret tydens kaskarresies

Leerders, personeel en ouers van Marné Ebersohn Akademie het onlangs ‘n dag propvol aksie en gesellige samesyn tydens die skool se derde jaarlikse kaskarresies beleef. Dié geldinsamelingsinisiatief is volgens Liezel Beeslaar, onderwyser, ‘n hoogtepunt op die kalender en sy sê leerders moes borge werf vir elke voltooide ronde. Die klas wat die meeste geld ingesamel …

Leerders, personeel en ouers van Marné Ebersohn Akademie het onlangs ‘n dag propvol aksie en gesellige samesyn tydens die skool se derde jaarlikse kaskarresies beleef.
Dié geldinsamelingsinisiatief is volgens Liezel Beeslaar, onderwyser, ‘n hoogtepunt op die kalender en sy sê leerders moes borge werf vir elke voltooide ronde. Die klas wat die meeste geld ingesamel het, kon as aansporing 10% van die bedrag hou. Kos- en koel­drankverkope het ook goed verloop.
Graadgroepe kon in drie kategorieë pryse wen: groep met die meeste gees, meeste rondes voltooi en die stadigste groep.

Storie en foto’s: Thinus du Toit

Die graad 10-span is vuur en vlam om hul slag te wys. Voor is Cole Gilburt en Dewald du Toit. Agter is Michelle Norman, Cameron Gilburt Deoné Steynberg en Heinrich Jannasch.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button