Polisiekommissaris neem voortou tydens operasie

In aanloop tot die feesseisoen het die polisie intensiewe operasies regoor die provinsie geloods waarvan die mees onlangse een deur provinsiale polisiekommissaris, Nneke Ledwaba self gelei is. Operasie Clean-up, waartydens 625 verdagtes in Limpopo aangekeer is en op gesteelde goedere ter waarde van R3,5 miljoen be­­­­­­­slag gelê is, het van Vrydag tot Maandagoggend geduur. Provinsiale …

In aanloop tot die feesseisoen het die polisie intensiewe operasies regoor die provinsie geloods waarvan die mees onlangse een deur provinsiale polisiekommissaris, Nneke Ledwaba self gelei is.
Operasie Clean-up, waartydens 625 verdagtes in Limpopo aangekeer is en op gesteelde goedere ter waarde van R3,5 miljoen be­­­­­­­slag gelê is, het van Vrydag tot Maandagoggend geduur.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die operasie is weens onlangse sporadiese voorvalle van onder meer gewapende roof, motorkapings, huisbrake, aanranding met die doel om ernstig te beseer en moord gehou.
Ledwaba het persoonlik ‘n man in die Polokwane-middestad vir die besit van dagga gearresteer en sê gesteelde goedere is gekonfiskeer wat voertuie, selfone, wapens en ammunisie insluit. “Die operasie word op ‘n voortdurende basis gehou, maar sal deur feesseisoenoperasies vervang word.”

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version