Osies, apteekgroep verlig bejaardes se nood

Die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie is in volle swang en twee finaliste, Eduard de Lange en Athlene Geddes, het onlangs sanitêre- en toiletware aan Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes geskenk. Die hoofborg van hierdie uitreik was Dis-Chem winkels in Polokwane. Tydens hul besoek het Eduard en Athlene boekmerke met Bybelversies, wat deur Oosskool se graad …

Die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie is in volle swang en twee finaliste, Eduard de Lange en Athlene Geddes, het onlangs sanitêre- en toiletware aan Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes geskenk.
Die hoofborg van hierdie uitreik was Dis-Chem winkels in Polokwane.
Tydens hul besoek het Eduard en Athlene boekmerke met Bybelversies, wat deur Oosskool se graad 1-leerders gemaak is, aan die bejaardes uitgedeel. Eduard en Athlene werk saam met die graad 1-leerdergroep.
Chaldon Venter, Dis-Chem Savannah Mall-bestuurder, het gesê al die takke in die stad het tot die skenking bygedra en het sy kollegas vir hul samewerking bedank. Hy het bygevoeg dat dié tehuisinwoners dié apteekgroep gereeld ondersteun en daarom is dit ‘n plesier om na die tehuis uit te reik en terug te gee aan die gemeenskap.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Inwoner van Martha Hofmeyr, Magriet Nolan, middel, ontvang ‘n boekmerk van Eduard de Lange, links, en Athlene Geddes, regs.
Exit mobile version