Local NewsNews

Man verdrink in riooldam

Hulp van die polisie se soek- en reddingseenheid is verlede Woensdag ingeroep om die liggaam van ‘n middeljarige man, wat waarskynlik in een van die damme by die stad se rioolsuiweringsaanleg in Seshego verdrink het, te verwyder. Op die toneel is beweer dat hy kopwonde gehad het en moontlik besig was om van ‘n aanvaller …

Hulp van die polisie se soek- en reddingseenheid is verlede Woensdag ingeroep om die liggaam van ‘n middeljarige man, wat waarskynlik in een van die damme by die stad se rioolsuiweringsaanleg in Seshego verdrink het, te verwyder.
Op die toneel is beweer dat hy kopwonde gehad het en moontlik besig was om van ‘n aanvaller te vlug toe hy in een van die damme vasgeval het. Volgens ‘n bron was daar duidelike bewyse dat hy gespook het om homself te bevry, maar die vloeitraagheid van die riool het dit vir hom onmoontlik gemaak om tot by die wal te kom.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, Moa­tshe Ngoepe, het die voorval en die ondersoek bevestig, maar kon nie sê hoe lank die liggaam reeds in die dam was nie omdat ontbinding reeds begin het.
Die man is nog ongeïdentifiseer. Enigiemand met inligting kan die Seshego polisiestasie in die verband skakel.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Nuuskierige gemeenskapslede op die damwal vanwaar die liggaam verwyder is. (Foto: RC Myburgh)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button