Kotie Kruger is ‘n rype 98 jaar

Op 98 jaar is Kotie Kruger ‘n dankbare man omdat hy eergister (Dinsdag) met sy verjaarsdag deur kinders en kleinkinders omring was. Kruger is wyd bekend in boerderykringe en was ‘n uitstekende skaapboer wat ook met aartappels en beeste by Kalkbank in die Mogwadi-omgewing geboer het. Hy het twee dogters, Adri Potgieter en Marthie Haasbroek, …

Op 98 jaar is Kotie Kruger ‘n dankbare man omdat hy eergister (Dinsdag) met sy verjaarsdag deur kinders en kleinkinders omring was.
Kruger is wyd bekend in boerderykringe en was ‘n uitstekende skaapboer wat ook met aartappels en beeste by Kalkbank in die Mogwadi-omgewing geboer het.
Hy het twee dogters, Adri Potgieter en Marthie Haasbroek, ‘n skoonseun, Theo Potgieter, twee skoondogters, Wilma en Ina Kruger, 10 kleinkinders en 19 agterkleinkinders.
Hy is die afgelope drie jaar ‘n inwoner van Macadamia @ The Aloes se Sorgsentrum en die oudste inwoner wat volgens die verpleegpersoneel nog goeie algemene gesondheid geniet.

Storie & foto: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Exit mobile version