Mookgophong pad gereed vir vakansiegangers

Die hoofstraat van Mookgophong is na 18 maande se harde werk Maandag oopgestel vir verkeer en kan vakansiegangers die vakansie met geruste harte in die mooi vakansiedorp kom rus.

LIMPOPO –  Marlene van Staden, Burgermeester van Mookgophong, sê die herbou van die hoofstraat was nie sonder enige teëspoed gewees nie.

“Van die kontrakteurs se werkers het griewe gehad en gestaak wat die voltooing van die projek vertraag het. Ek is dankbaar dat dit opgelos is en die projek voor die vakansie voltooi is.”

Volgens Van Staden is inwoners en besighede se frustrasies nou op ‘n einde en het hulle die wonderlike vooruitsigte om vakansiegangers te verwelkom. “Vakansiegangers kan die vakansie kom wandel in die strate sonder enige verkeersknope of ongerief en ons vriendelike plattelandse gasvryheid kom geniet.”

WATCH: Mookgophong roadworks to disrupt Easter travels

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version